NewsSchools

Lucas Meyer Laërskool – Atlete presteer in KZN Atletiekkampioenskappe

OP VRYDAG, 6 Maart, het vyftien van LMS se atlete gereis na Durban om aan die KZN Atletiekkampioenskappe deel te neem. Hulle was deel van die Zululandspan en om aan die SA Atletiekkampioenskappe deel te neem, moes hulle tydens die KZN byeenkoms daarvoor kwalifiseer. Baie geluk aan Eckardt Potgieter wat eerste plekke behaal het in …

OP VRYDAG, 6 Maart, het vyftien van LMS se atlete gereis na Durban om aan die KZN Atletiekkampioenskappe deel te neem.

Hulle was deel van die Zululandspan en om aan die SA Atletiekkampioenskappe deel te neem, moes hulle tydens die KZN byeenkoms daarvoor kwalifiseer. Baie geluk aan Eckardt Potgieter wat eerste plekke behaal het in die 100m en die 100mHS o/13 en Jacques Erwee wat ‘n eerste plek in diskus en tweede plek in die gewigstoot vir S o/13 en albei is ingesluit in die KZN Atletiekspan. Hierdie twee atlete neem vanaf 19-21 Maart deel aan die Atletiekbyeenkoms te Germiston.

Die res van LMS se atlete vaar as volg: o/10: Minette vd Merwe agtste in die 70mH; Landi Erasmus vyfde in gewigstoot. o/11: Jacques van Nieuwenhuizen vierde in gewigstoot; Hermanus Steenkamp tiende in gewigstoot en Jayden van Eck tweede in 70mH en vyfde in verspring. o/12: Anneen Nel derde in gewigstoot; Cole van Rooyen derde in spiesgooi. o/13: Arnau Bosch eerste in spiesgooi; Tiaan Marais derde in diskus en vierde in spiesgooi, Danie Nel vyfde in 80mH; Melissa Hibbert vierde in gewigstoot, Anke Erasmus derde in spiesgooi en sesde in gewigstoot en Due-Mari Swart tweede in diskus.

RHN Asjas Steenkamp toernooi: Die wintersport eerstespanne reis na Empangeni om deel te neem aan die Asjas Steenkamp Toernooi te Heuwelland. Verskeie ouers het die lang pad afgele na Empangeni en hul kinders ondersteun.

Ons eerstespanne beskou dit as opwarming vir die wintersportseisoen en vaar as volg: Netbal eerste span: Wen al hul wedstryde: Tellings: 9-1 teen Port Natal; Richardsbaai 10-3; Empangeni Preparatory 16-0 en Empangeni Christian School 5-2. Rugby eerste span: Verloor 5-17 teen Arboretum en 0-32 teen Richardsbaai. Hokkie eerste span: Wen 1-0 teen St Catherine’s en Heuwelland en speel 0-0 gelykop teen Felixton.

Kalender:

20/21 Maart – Netbal en Rugbytoernooi Pongola

23 Maart – BHL Verkiesing

26-28 Maart – Hokkietoer Pietermaritzburg

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button