
DAAR is nie tyd vir rus by Pionier nie, daar is te veel dinge aan die gebeur!
PUK 16: Piet Retief: Pionier het die naweek geblom van die trots nadat van ons sportspanne Piet Retief ‘n ding of twee gewys het! Die tellings: Rugby: o/14 A: wen 24-23; o/14 B: verloor 22-10; o/15 A: verloor 13-3; o/15 B: verloor 24-10; o/16 A: verloor 17-5; derde span: verloor 15-0; tweede span: verloor 25-22 en eerste span: wen 34-22. Die hokkie is onoorwonne: o/14 A: wen 3-1; o/15 A: gelykop 1-1; o/16 A: wen 3-2; derde span: wen 3-0. Hierdie span is onoorwonne! Tweede span: gelykop 1-1; eerste span: wen 3-1; Junior seuns: wen 1-0 en Senior seuns: verloor 5-1. Netbal: o/14 A: verloor 12-8; o/14 B: wen 10-4; o/15 A: wen 20-14; o/16 A: verloor 17-14; o/16 B: verloor 14-12; derde span: verloor 17-8; tweede span: wen 17-10 en eerste span: wen 25-15.
Die volgende spanne is onoorwonne in die PUK 16 reeks: o/14 A rugby; eerste rugby; o/15 A netbal; tweede netbal en eerste netbal.
McManus Nissan borg 1ste netbal: Baie dankie aan Vryheid McManus Nissan vir die borg van die eerste netbalspan se wedstryddrag van 2015. Die dogters lyk pragtig en ontvang baie komplimente! Die lojale ondersteuning wat Pionier van u ontvang word opreg waardeer.
ATKV Redenaars rondte een: Die volgende leerders het deelgeneem en Pionier se naam hoog gehou: Pieter Claassen; Anlie Knoetze; Waldo vd Westhuizen; Marmadean Louw; Francois Du Preez; Rinus Wagener; Carmen Gropp; Bianca Wagener; Annelize Roux; Jana Grobbelaar; Celine Erasmus; Chanel McDonald; Zamo Mathebula; Zenzi Mathebula en Zipho Ngubane.
Uitslae word Dinsdag bekendgemaak op die ATKV webwerf.
Atletiek: Natalkampioenskappe: Die volgende atlete het deelgeneem en soos volg presteer: Zandri Meyer, o/15: eerste diskus, tweede gewigstoot; Stefan de Beer, o/15: derde plek diskus; SW Craig, o/15: sewende plek gewigstoot; Natasha Kleyn, o/17: eerste plek gewigstoot; Jessica Taylor, o/17: tweede plek hekkies; Paul Lotter o/17: elfde plek gewigstoot; Anneri Lens, o/19: twee eerste plekke in gewigstoot en diskus; Roné van Heerden, o/19: derde 400m hekkies.
Karate NN kampioenskappe Newcastle: Marlien Chomse ontvang ‘n brons medalje; Zuricke Marais ontvang ‘n silwer medalje; Ashley McCall ontvang ‘n goue medalje.
3kamp Cordwalles Mudman by Midmardam: Na die sport Saterdag, het die 3kampers vertrek na die Midmardam waar hulle aan die Cordwalles Mudman deelgeneem het. Van fietsry na draf na swem… daar was iets waaraan almal kon deelneem.
Die volgende leerders ontvang medaljes vir half driekamp: Euan Symington; Natasha Kleyn; Chezélle Stear; Henco Rheeder; Richard Delport; Nicole Pelzer; Armand Olsen en Berni Smith.
Spanne: Pionier Moegoes: Jahnthé Smuts, Brendon Goosen, Roné van Heerden; No Name Brand: Mnr Van Tonder en mej Oelofse en Vorster; TeamMDC: Morné jv Rensburg, Daniël Smuts, Charlotte Prinsloo; The Wetwipes: Hugo Stoffberg, Morné Kemp. Vol driekamp: Individueel: Christopher Doust. Spanne: Double RJ: Ryno Swanepoel, Roland Breedt, Jana Schoeman (tweede o/18); Pionier Padda-eiers: Cleo Nel, Ernest Franzen, Johan Mentz ( wen o/18).



