NewsSchools

Hoërskool Pionier – ‘n Fees van kleur by PHS

Pionier se jaarlikse kleurfees was ‘n baie groot sukses. Die leerders en onderwysers was onherkenbaar na die verloop van die geleentheid, net nog ‘n teken dat almal hulle gate uit geniet het! Baie dankie en geluk aan Juffrou Vorster en die inspirasieleiers wat hierdie geleentheid susksesvol afgehandel het.

ONS IS trots om te sê dat Pionier ‘n suksesvolle week en naweek agter die rug het.

Die leerders het uitgeblink op kultuur- en sportvlak!

ATKV redenaars: Saterdag 14 Maart – Die volgende leerders het deurgedring na die halfeindrondte: Francois du Preez; Rinus Wagener; Pieter Claassen; Celine Erasmus; Chanel McDonald; Bianca Wagener; Carmen Gröpp; Jana Grobbelaar; Zamo Mathebula en Zipho Ngubane.

Sport teen Utrecht: Woensdag, 18 Maart – Rugby: o/14: speel 7 aan ‘n kant en verloor 22-10; derde span: speel 7 aan ‘n kant en wen 45-5. Hokkie: o/14 B: verloor 1-0; tweede span: wen 2-1. Netbal: o/14 B: wen 10-3 en tweede span: wen 25-4.

Kleurfees: Pionier se jaarlikse kleurfees was ‘n baie groot sukses. Die leerders en onderwysers was onherkenbaar na die verloop van die geleentheid, net nog ‘n teken dat almal hulle gate uit geniet het! Baie dankie en geluk aan Juffrou Vorster en die inspirasieleiers wat hierdie geleentheid susksesvol afgehandel het.

Puk 16 semi-finaal by Stoffberg: 21 Maart – Agt skole wat deel vorm van die Puk 16 het Saterdag, 21 Maart, deelgeneem op Stoffberg in die semi-finaal. Rugby: o/14 A: gelykop 11-11 teen Pretoria Noord. Die span wat eerste punte aangeteken het, dring deur. Hierdie span speel dus nou uit vir posisie drie en vier in die finaal; o/15 A: wen 19-5 teen Oosterland; o/16 A: wen 27-6 teen Oosterland; tweede span: wen 31-6 teen Delmas en eerste span: wen 19-8 teen Pretoria Noord. Hokkie: o/14 A: wen 4-1 teen Stoffberg; o/15 A: wen 6-0 teen Stoffberg; o/16 A: wen 4-2 teen Stoffberg; tweede span: wen 3-0 teen Oosterland en eerste span: gelykop 1-1 teen Delmas. Netbal: o/14 A: wen 23-12 teen Oosterland; o/15 A: wen 15-12 teen Pretoria Noord; o/16 A: wen 17-12 teen Delmas; tweede span: verloor 24-22 teen Pretoria Noord en eerste span: wen 30-22 teen Delmas.

Die hokkie en rugby is onoorwonne en Pionier het altesaam 14 uit 15 wedstryde gewen. Ons is so trots!

Skyfskiet: 21 Maart – Pionier het die afgelope naweek ‘n liga aangebied. Altesaam 47 skuts het deelgeneem. Die skuts vaar baie goed en hou die skool se naam hoog. Van die ses ouderdomsgroepe, wen Pionier vyf van hierdie ouderdomsgroepe.

Eerste Netbalspan verkoop skaaplootjies vir die netbaltoer: Die trekking het Maandagoggend in die saal plaasgevind. Baie geluk aan Meneer Phillip du Plessis wat die skaap gewen het. Baie dankie aan almal wat die eerste netbalspan ondersteun het.

Gedagte vir die week: “As ons gemotiveer word deur doelwitte met diep betekenis, deur drome wat bereik moet word, deur ware liefde wat uitdrukking vra, dan leef ons waarlik die lewe.” – Greg Anderson.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button