NewsSchools

New Republic Primary School – Leerders gaan op toer

McManus Nissan het al die sporthemde van die afrigters geborg. Mnr Dietmar Dedekind van Total Select en mnr Buks White het die T-hemde vir die eerste netbalspan geborg.

 

VANDEESWEEK gaan verskeie sportspanne van NRS op toer, iets waarna hulle al die hele jaar lank uitsien.

Ons o/11- en o/13-rugbyspanne neem aan die Pionier Rugbyweek in Volksrust deel. Ons eerste dogtershokkiespan speel in ‘n hokkietoernooi te Utrecht.

Die afgelope naweek het ons eerste netbalspan aan ‘n goed georganiseerde o/13-netbaltoernooi in Pongola deelgeneem. Baie dankie aan hulle afrigter, mev S van den Berg, en spanbestuurder, mej Y Bouwer, wat gesorg het dat ons dogters ‘n goeie vertoning op die veld, sowel as van die veld af, gelewer het. Hulle het ses uit die sewe wedstryde gewen.

Borge: NRS is baie dank verskuldig aan ons borge wat bygedra het om hierdie toere moontlik te maak. McManus Nissan het al die sporthemde van die afrigters geborg. Mnr Dietmar Dedekind van Total Select en mnr Buks White het die T-hemde vir die eerste netbalspan geborg.

NRS gee graag erkenning aan die volgende borge van ons wintersport vanjaar: mnr Nico Bekker van Sharp, mnr Linda Nyandeni van Wonderdream Projects, mnr Alec van Heerden van Plumberboyz, mnr Norman Zondi van Asambeni Mining, mnr Ryno Huyser van Vryheid Propshaft Service Centre, mnr Jeandré Potgieter van Liberty Life, mnr Nico van Wyk van Designer Pools, Daylight Electrical, Pongola Tyres and Hluhluwe Tyres.

A special thank you to Abaqulusi Superspar, who sponsored all the doughnuts for the Grade 3 Doughnut Day. The proceeds of this fundraiser will go towards purchasing new reading books for Grade 3.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button