Lucas Meyer Laërskool – Puik gepraat deur deelnemende leerders
Baie geluk aan die volgende leerlinge wat deurgedring het na die semi-finale rondte: Janus Pretorius; Anrie J van Rensburg; Chené Stear en Tiaan Marais. Verskeie ouers het gereis na Newcastle en hul kinders ook so ondersteun tydens die kompetisie. Baie dankie ook aan mev M van der Nest, personeellid van LMS, wat die leerlinge vergesel het.
SATERDAG, 14 Maart, het LMS leerders aan die ATKV se eerste uitdunrondte deelgeneem by Amajuba skool in Newcastle.
Die leerlinge het deelgeneem teen alle laërskole van Noord-Natal. Die leerders het baie goed by hul standpunte gehou en puik gepraat. Baie geluk aan die volgende leerlinge wat deurgedring het na die semi-finale rondte: Janus Pretorius; Anrie J van Rensburg; Chené Stear en Tiaan Marais. Verskeie ouers het gereis na Newcastle en hul kinders ook so ondersteun tydens die kompetisie. Baie dankie ook aan mev M van der Nest, personeellid van LMS, wat die leerlinge vergesel het.
Ruitersport: Nina Terblanche, Landi Erasmus en Berné van Heerden gaan LMS verteenwoordig by die tweede kwalifiserende Ruitersport-Skou te Shongweni, Durban.
Zululandswemspan: Die volgende swemmers is ingesluit in die span: Arnau Bosch; Dirk Grobler; Berné van Heerden; Nadine van Wyk; Janus Pretorius; Nicola Smith; Cole van Rooyen; Eckhardt Potgieter; Leandi Williams; Henry van Wyk; Phillip Louw; Kelvin Venter en Marjean van Zyl. Hierdie swemmers dring dan deur na die KZN swemgala wat in Meimaand gehou sal word.
Vryheidstreek- Rugbyverteenwoordigers: Geluk aan die volgende leerlinge wat ingesluit is in die span en wat gaan deelneem aan die NKZN proewe: J Erwee; E Potgieter; D Nel; A Bosch; M Christie; A Bredenhann; L Erasmus; D Grobler; M le Roux en J Swart.



