EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Juanita ‘vlieg hoog’ in Newcastle

Suid–Afrika se mees gewilde sanger sal op Saterdag, 11 April te Hoërskool Ferrum se skool saal optree. Die konstert sal om 7nm begin.

Die blinkste ster aan die Suid-Afrikaanse musiek-uitspansel is ons eie Platinum prinses, Juanita du Plessis.

Sy is lank reeds gekroon as ons land se top Afrikaanse vroue-kunstenaar en sy gaan nie gou van haar kroon afstand doen nie.

Juanita se roemryke loopbaan het in 1998 afgeskop met haar debuut-album Juanita.

In dieselfde jaar het sy verskeie toekennings gewen en dit was toe reeds duidelik dat Juanita se liedjies wèrk!

Na baie gebede en wag het haar tweede album Ek en jy verskyn; Ska-Rumba was die bonussnit.

‘n Suksesverhaal met vele mylpale was geskryf. ‘n Klompie skitterende, suksesvolle albums het die lig gesien en in 2003 het Juanita die eerste Afrikaanse sangeres geword wat die nommer een posisie op RSG se amptelike top 20-treffersparade behaal en drie weke agtereenvolgens bo-aan bly! In die volgende vyf jaar het die meisie van Suidwes se lewe drasties verander.

Die Du Plessis-gesin het intussen hul geboorteland, Namibië agtergelaat en hulself gevestig in Pretoria.

Nog albums het die lig gesien en Juanita het weereens die rekordboeke herskryf toe haar algehele verkoopsyfer in 2010 die 1,6-miljoen merk bereik.

Haar tweede Gospel-album, Vlieg Hoog (2007), was aangewys as die op Afrikaanse gospel-verkoper van alle tye.

In 2012 het Juanita ‘n mylpaal wat sy nooit vir haarself kon indink nie behaal.

Sy was die eerste kunstenaar in die Afrikaanse geskiedenis om 2-miljoen albums in Suid-Afrika te verkoop.

Haar loopbaan spreek van roemryke prestasies, kosbare mylpale, nederigheid en toewyding, en die toekennings op haar kerfstok oortref diè van die meeste kunstenaars landwyd. Suid–Afrika se mees gewilde sanger sal op Saterdag, 11 April te Hoërskool Ferrum se skool saal optree. Die konstert sal om 7nm begin.

Kaartjies is beskikbaar van Franlé Apteek (034 318 1342), Lavender Blue (034 312 7548), Perfect water 034 312 7656, Johan Pieters (082 923 0078) en Christo van der Vyver (083 375 5883).

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button