Hoërskool Pionier – Sharks vs Pumas by Pionier
Die Biltongfees is om die draai! Hierdie veelsydige fees gaan gehou word te Battlefields Country Lodge, net buite Dundee. Daar gaan ‘n verskeidenheid uitstallers wees, wat kosstalletjies insluit met heerlike hamburgers, kerrie en rys, wraps, pannekoek, spitbraai en baie biltong! Daar is ook vermaak vir die kinders soos “sand-art” en vele stalletjies wat die vroue graag sal wil besoek met ‘n verskeidenheid skilderye, juwele, leerware, en natuurlik ‘n teetuin...
PIONIER is baie opgewonde om Cravenweek-, Natal Plattelande-, Natal Akademie en o/16 Grant Como spanne te verwelkom by ons skool, van 14 – 15 Junie.
Wedstryde sal op 15 Junie plaasvind vanaf agtuur die oggend. Daar is vyf wedstryde wat op die dag gaan plaasvind met twee o/16 spanne wat die eerste wedstryde van die dag sal speel. Daarna sal die drie o/18 spanne hulle wedstryde speel. Die laaste wedstryd van die dag is die Cravenweekspanne.
Ons sê graag vir Ryan van der Westhuizen sterkte wat in die Cravenweekspan gaan speel. Sterkte ook aan Clifferd Jacobs, Franco Botha, Christiaan Swanepoel, Rudi Potgieter, Riaan Le Roux en Juanwinn Warden wat die Natal Platteland span gaan verteenwoordig op hierdie dag. Kom ondersteun gerus ons seuns!
Ruitersport: Christel Liebenberg het op 6 en 7 Junie deelgeneem aan die Derde Kwalifiseerder te Badplaas. Sy en haar perd, Charisma het soos volg presteer: Performance Riding Level 3: 1ste plek; Working Riding Level 3: 4de plek; Dresser Level 1, toets 3: 3de plek en Dresser Level 1, toets 4: 3de plek. Baie geluk, Christel.
Toer na Nederland 2016: Pionier se kultuurdepartement het die voorreg om weer ‘n oorsese toer te reël. In Julie 2016, reis ons na Nederland, België, en Frankryk vir ‘n tydperk van 10 dae. Die tema van die toer is “Die oorsprong van Afrikaans”. Enige leerder kwalifiseer om op hierdie toer te gaan. Daar is ook van die leerders wat vir hulself betaal om op hierdie toer te gaan, deur om goedere te maak en te verkoop. Ons is baie opgewonde om in Gouda die kaasmark te gaan besoek. In Brugge is daar ‘n sjokolade-staptoer en die Museum vir aartappelskyfies, enige leerder se droom! Ons eindig in Parys by die Louvre, Disney Land Parys en die Eiffeltoring. Daar is nog plek vir drie leerlinge om saam met ons op hierdie opwindende toer te gaan. Waarvoor wag jy, bespreek vandag jou plekkie op daardie vliegtuig!
Biltongfees, 27 Junie: Die Biltongfees is om die draai! Hierdie veelsydige fees gaan gehou word te Battlefields Country Lodge, net buite Dundee. Daar gaan ‘n verskeidenheid uitstallers wees, wat kosstalletjies insluit met heerlike hamburgers, kerrie en rys, wraps, pannekoek, spitbraai en baie biltong! Daar is ook vermaak vir die kinders soos “sand-art” en vele stalletjies wat die vroue graag sal wil besoek met ‘n verskeidenheid skilderye, juwele, leerware, en natuurlik ‘n teetuin. Vir die mans wat nie hou van inkopies nie, is daar mampoerstalletjies, Bundu se 4×4 stalletjie, John Deere se stalletjie en natuurlik die biertuin. Die kunstenaars wat by die fees gaan optree is: Bok van Blerk, Leandri Small, Joe Foster en Stadsboer. Moet nie Pionier se Biltongfees misloop nie. Die hekke open om 08:00vm, 27 Junie. Almal is welkom om saam met ons te kuier tot laat. Sien julle daar!



