EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Die Vensterfees is om die draai

Dit is ‘n geleentheid waar die breë gemeenskap van die omgewing kuier-kuier aan fynproewer-teaterstukke uit die boonste rakke bloot te stel.

Die Vensterfees word hierdie jaar vir die derde keer in Newcastle aangebied vanaf 12 tot 16 Augustus.

Dit is ‘n geleentheid waar die breë gemeenskap van die omgewing kuier-kuier aan fynproewer-teaterstukke uit die boonste rakke bloot te stel.

Daar sal ‘n ‘klipkraal’ en wynvat wees, met lewendige vermaak, dus hoef jy nie huis toe te gaan nie! Drink en eet gou ietsie voor die volgende vertoning begin en geniet die fees in sy volle glorie saam met die Vensterfees-span.

Die kunsmarkstalletjies beloof om vanjaar weer gehalte produkte aan te bied soos handgemaakte produkte, klerasie, skilderye en tuisgebak. Bring gerus ‘n vol beursie, want daar wag groot winskope.

Die Vensterfees is nie net ‘n plek vir die ouers nie, maar ook vir die kleinspan. Hulle kan kom saamspeel en na twee topgehalte kinderproduksies kom kyk en hulle gate uit geniet.

Die kaartjies vir al die vertonings is reeds op Computicket beskikbaar. Alle kinder-produksies se kaartjies sal by die feeskantoor te koop wees.

Besoek gerus www.vensterfees.com en ons Facebookblad (Die Vensterfees) om op hoogte van die fees te bly. Kontak 083 634 8813 vir verdere inligting.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button