Vensterfees Borge aand – Kom Koekeloer
Vanjaar se fees, die derde, beloof om nog groter en beter as voorheen te wees en het Dinsdagaand afgeskop met 'n vrolike geleentheid om borge en vriende van die fees te bedank vir hul bydrae om die sukses daarvan te verseker.
Dis weereens tyd vir die Vensterfees!
Vanjaar se fees, die derde, beloof om nog groter en beter as voorheen te wees en het Dinsdagaand afgeskop met ‘n vrolike geleentheid om borge en vriende van die fees te bedank vir hul bydrae om die sukses daarvan te verseker. Vensterfees 2015 sou nie moontlik gewees het sonder finansiële bydraes en insette van besighede en individue in die gemeenskap nie.
Gastehuise lewer ook ‘n enorme bydrae en is bedank dat hulle hul deure oopgemaak het deur verblyf aan die akteurs te voorsien.
Die gemeenskap speel ‘n belangrike rol om die sukses van die Vensterfees te verseker en hulle ondersteuning kan duidelik gesien word in die groot aantal kaartjieverkope op Computicket.
Danksy borge is die vertonings vir kinders op Donderdag en Vrydag gratis vir skoolgroepe van alle kulture. Dis ‘n eerste in die land en ‘n spesiale bydrae om Afrikaans te bevorder en om ‘n liefde vir teater onder kinders te kweek.
Kos- en handwerkstalletjies, ‘n koffiekroeg en die Wynvat dra verder by tot versterking van die innerlike, en voorsien lafenis tussen en na vertonings, so moet dit nie misloop nie.
Vensterfees 2015 wag vir julle!
“Kom Koekeloer.”








