Newcastle Sakekamer Jaarvergadering
Newcastle Sakekamerlede het op Vrydag, 21 Augustus tydens hul algemene jaarvergadering die talle aktiwiteite en inisiatiewe van 2015 bespreek en terselftertyd planne beraam vir die 2015/2016 periode.
Newcastle Sakekamer Jaarvergadering
Newcastle Sakekamerlede het op Vrydag, 21 Augustus tydens hul algemene jaarvergadering die talle aktiwiteite en inisiatiewe van 2015 bespreek en terselftertyd planne beraam vir die 2015/2016 periode.
‘n Nuwe, vars embleem wat die diversiteit maar ook die onderlinge samewerking van Newcastle Sakekamerlede en die gemeenskap simboliseer, is bekendgestel aan die lede teenwoordig. Die nuwe bestuur, wat drie nuwe lede insluit (geluk Fanie Conradie, Leon Senekal en Jan Viljoen), is aangekondig.
Bekende sakekamerlid, Eugene Hauptfleisch is vereer vir sy jarelange bydrae tot die gemeenskap van Newcastle in die algemeen en meer spesifiek sy belangstelling en ondersteuning van Newcastle Sakekamer oor ‘n paar dekades..
Japie Myburgh is sedertdien deur die bestuur as president van die sakekamer verkies.
Sakekamerlede gaan in die komende jaar geleentheid gegee word om groter blootstelling op die Internet te verkry deur middel van ABCON Africa Business Connect, ‘n inisiatief van die AHI. Lede kan sodoende interaktief handel met besighede regoor die land, sowel as in ander dele van Afrika. ‘n Aanbieding sal binnekort deur ABCON in Newcastle gedoen word om meer besonderhede hieroor aan lede te kom gee.
Sakekamerlede het onlangs die KZN Provinsiale AHI Kongres in Amanzimtoti bygewoon, om sakesaangeleenthede regoor die provinsie te bespreek en idees uit te ruil. Sprekers het ingesluit die huidige AHI president, Prof. Tommy du Plessis, die huidige visie-president, Christo Botes, asook die nuut aangestelde hoofuitvoerende beampte van die AHI, Dr. Ernest Messina.
Die jaarlikse Nasionale AHI Kongres vind in Oktober in George plaas, en sal bygewoon word deur lede van sakekamers regoor Suid-Afrika.
Die bekendstelling van ‘n entrepreneurskompetisie vir leerlinge van skole in Newcastle word tans beplan en die pers moet dopgehou word vir inligting hieroor.
Vir enige verdere inligting of navrae oor die Newcastle Sakekamer kan die kantoor gekontak word by 0343122959 of admin@sakekamer.com.






