Community galleriesEntertainmentGalleriesLifestyleLocal newsNewsNews galleries

Rapportryers is aan die woel

Newcastle Rapportryers is bedrywig met ‘n verskeidenheid projekte.

Newcastle Rapportryers is bedrywig met ‘n verskeidenheid projekte.

Die tweede rondte van die Bybelvasvra is onlangs afgehandel met 20 spanne wat deelgeneem het. By ‘n onlangse vergadering van die korps is R30 000 bewillig vir hierdie groot nasionale projek.

‘n Familiedag is gehou by the Stal, die Rapportryers se vergaderplek, met skaap op die spit en die Voortrekkers wat die dag kom inkleur het.

Die Rapportryers het ‘n bedrag aan die Voortrekkers oorhandig vir hul volgehoue werk onder ons Afrikanerjeug.

Jacques Breedt het namens die Vensterfees ‘n donasie in ontvangs geneem waardeur erkenning gegee is aan dié spesiale projek ter bevordering van Afrikaans in Noord-Natal.

Eersdaags word 20 seuns wat nie altyd die geleentheid het om interessante plekke te besoek nie, na Gold Reef City geneem. Alle kostes daarvan word deur die Rapportryers gedra.

Die organisasie bedank die gemeenskap, wat gereeld die korps bystaan met finansiële bydraes.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button