NewsSchools

Lucas Meyer Primêre Skool – Snorkelduik by Mission Rocks ‘n hoogtepunt

By die Krokodilsentrum het ‘n gids hulle geleer van die habitat, leefwyse, broei-gewoontes, nesbou en ander feite oor verskillende reptiele. As ‘n verlenging van die Krokodilsentrum het ‘n kundige op die gebied van slange die leerders ingelig oor die verskillende tipes slange, slangbyte en giftipes.

DIE graad 7 toer het plaasgevind vanaf 31 Augustus tot 3 September.

Die toer gee ons as opvoeders die geleentheid om kinders op ‘n ander wyse te leer ken buite die skoolgebied, mens sien ‘n kant van kinders wat mens nie elke dag beleef nie. Die toer het die leerders baie geleentheid gegee om aan spanbou-aktiwiteite deel te neem. Leersame aktiwiteite soos: Sterrekyk, waar ons kinders van die melkweg, sterrestelsels, geboorte van sterre, planete, die son en maan ingelig het. Kinders het kennis opgedoen ivm ‘n ligjaar en elkeen het ook die geleentheid gekry om deur ‘n hoë tegnologiese teleskoop na Saturnus en sy gasringe te kyk asook na die kraters op die maan is aangebied.

By die Krokodilsentrum het ‘n gids hulle geleer van die habitat, leefwyse, broei-gewoontes, nesbou en ander feite oor verskillende reptiele. As ‘n verlenging van die Krokodilsentrum het ‘n kundige op die gebied van slange die leerders ingelig oor die verskillende tipes slange, slangbyte en giftipes.

Tydens die toer besoek die leerders ook Mission Rocks en Cape Vidal waar hulle strand en rotsstudies doen. Sommige leerders het met hul snorkel en duikbril die seelewe onder water bestudeer en baie nuwe en vereemde dinge gesien.

Tydens ons bootvaart op die meer het ons geleer van seekoeifamilies, verskeie voëlspesies en krokodille. Ons was ook gelukkig om veilig van die boot af die vinne van ‘n Zambezihaai te sien.

Natuurliefhebber, mnr Larry O’Dell, het ons op ‘n staproete deur die iSimangaliso-reservaat geneem. Daar het ons baie oor die plantegroei van die gebied geleer, verskillende dierspore, verskeie boksoorte gesien en selfs ‘n Witlip-Heraldslang gesien.

Op pad terug na Vryheid het ons ook die geleentheid gehad om op ‘n kaasplaas te gaan leer hoe verskillende soorte kaas gemaak word. Die leerders het tot geleer hoe om ‘n bok te melk.

Mnr en mev Michael en Melinda Smith, in beheer van FutululuPark, verdien ‘n pluimpie vir puik reelings en die uitstekende fasiliteerders wat hulle gebruik om met die kinders te werk, was professioneel. Baie dankie vir die netjiese en skoon geriewe wat julle vir ons bied en ook die lekker etes wat die kinders elke dag ontvang het.

Die graad 7 personeel, naamliks mnr Venter, mev Van Den Berg, mev Zietsman en mev Stear, het alle sake onder beheer gehad en dit bly ‘n baie groot verantwoordlikheid om eerders op ‘n toer te neem. Ons glo elkeen het op een of ander wyse by die toer gebaat en dit geniet.

Kalender:

Konsert – 28 September tot 30 September

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button