communityLatest NewsLocal newsLocal sportNewsSport

Stoei kamp staaldraad te Wasbank

Die kamp was baie geslaagd en die perfekte voorbereiding vir die kampioenskappe.

Stoeiers kamp naby wasbank van 18 tot 20 September ter voorbereiding vir die KZN kampioenskappe . Agtien ysters van die renoster stoei klub was braaf genoeg om kamp staaldraad by te woon. Die stoeiers het behoorlik bloed gesweet en hulle uithouvermoƫ is tot die uiterste beproef.
Daar was egter nie net gestoei nie, die seuns het die buite lewe baie geniet. Daar is in tente geslaap, spook stories om die kampvuur vertel, Konsert gehou en geswem. Kleilat was die seuns se gunsteling tyd verdryf.
Die Renosters stoei klub wil graag vir Braam Botes bedank vir die beskikbaarstelling van sy plaas en geriewe vir die aanbieding van die kamp. Die kamp was baie geslaagd en die perfekte voorbereiding vir die kampioenskappe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button