NewsSchools

Hoërskool Pionier – Top 10 – toer na Amerika

‘n GROEP van Pionier se top 10 leerders wat bevoorreg genoeg was om die toer te kon meemaak, het gedurende die Oktobervakansie na Amerika getoer. Hulle het soveel nuwe ervarings beleef, nuwe kulture verken en kon die mooi landmerke van die VSA met hulle eie oë besigtig. Hulle het verlede week veilig teruggekeer na Suid …

‘n GROEP van Pionier se top 10 leerders wat bevoorreg genoeg was om die toer te kon meemaak, het gedurende die Oktobervakansie na Amerika getoer.

Hulle het soveel nuwe ervarings beleef, nuwe kulture verken en kon die mooi landmerke van die VSA met hulle eie oë besigtig. Hulle het verlede week veilig teruggekeer na Suid – Afrika en hulle sal beslis die herinneringe van hierdie toer vir ewig koester.

Netbal uitnodigingspan toer na Ierland

Heidi Steffen, Ashley Reimers, Madie Swanepoel en Simoné Bornman het tydens die Oktobervakansie na Ierland getoer waar hulle 4 netbalwedstryde gespeel het. Die eerste wedstryd was teen ‘n plaaslike span van Dublin, wat 4 professionele netbalspelers bevat het. Die dogters verloor ongelukkig die wedstryd 42-8, maar doen baie ervaring op.

Daarna speel hulle teen Trinity College en wen 41-27. Hulle het ook tyd ingeruim om Dublin se geskiedkundige landmerke te verken tussen wedstryde. Die derde wedstryd het hulle teen vanjaar se o/19 bokkiespan gespeel en 43-23 verloor.

Die laaste wedstryd was teen ‘n gemengde span van Dublin en hulle het 38-22 met hulle afgereken. Ashley Reimers is tydens die prysuitdeling aangewys as speelster van die toernooi.

Die dogters bedank graag almal wat hierdie geleentheid vir hulle moontlik gemaak het.

Ruitersport

Christel Liebenberg bewys opnuut dat sy weet hoe om met haar talente te woeker. Hierdie jong dame het op die 8ste Oktober in Pretoria deelgeneem aan die Nasionale Perdesport Kampioenskappe. Sy eindig derde in die Performance Riding afdeling.

Daar het 32 ruiters deelgeneem aan hierdie afdeling en sy behaal ‘n telling van 75.00 en kry 98 punte. Sy neem deel as lid van die Mpumalangaspan wat algeheel tweede eindig met 190 punte op die bord.

Wel gedaan, Christel, ons is so trots op jou en jou perd, Charisma.

Nog SATCH toekennings

Dominique de Wet en Cloè Nel het ook baie goed presteer by die SATCH kompetisie tydens die Oktobervakansie. Dominique het aan verskeie solo-sang items deelgeneem en het 4 goue medaljes en 2 silwer medaljes ontvang. Sy is ook uitgenooi om in Amerika te gaan deelneem.

Hierdie dame is iemand wat dit nog ver in die lewe gaan bring en is beslis iemand om dop te hou. Cloè het deelgeneem aan die dans-afdeling en ontvang 1 silwer medalje en 2 goue medaljes.

Cloè se danspassies is beslis iets om te beleef en ons hoop om nog baie van haar in die toekoms te sien. Ons is baie trots op hierdie dames.

Matriekeindeksamen

Baie sterkte aan die matriekleerlinge wat met die matriekeindeksamen besig is. Ons dra julle op in ons gebede en ons glo en vertrou dat dit met julle sal goed gaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button