Local newsNewsSchools

Hoërskool Pionier – Baie geluk, hoofleiers van 2016

2015 se jaarblad kan nou by die skool bestel word. Dit is ‘n volkleur jaarblad en is gevul met talle fotos en die hele jaar se gebeurtenisse

ONS wens graag ons nuwe skool- en koshuishoofleiers geluk met hul verkiesing.

Ons is trots om te kan sê dat die skool volgende jaar gelei gaan word deur sulke oulike kinders. Die president by die skool: Hannis Vreken, presidente: Karla Combrink. Visi-president: Hans Opperman en visi-presidente: Celine Erasmus. Koshuis: President: Hannis Vreken en presidente: Celine Erasmus. Visi-president: Henning Liebenberg en visi-presidente: Inge Bruyns.

Driekamp – Utrecht: Die Utrecht Bundu Bash het Saterdag, 17 Oktober, plaasgevind. Dit was ‘n heelwat kleiner driekamp met minder deelnemers as gewoonlik, aangesien die swemgedeelte van die driekamp nie kon plaasvind nie (as gevolg van ‘n amper-dolleeg dam). Nietemin het 31 Pioniers en agt personeellede deelgeneem en hulle goed van hulle taak gekwyt. Almal het medaljes ontvang vir hulle deelname. Dankie aan almal wat entoesiasties deelgeneem het. Volgende jaar begin ons in Januarie met die Chelmsford Challenge en vroeg Februarie die Hermannsburg Mudman. Hou dus jouself fiks vir ‘n baie aktiewe jaar!

Top 10 kwartaal 3: Baie geluk aan die volgende leerders wat uitstekend presteer het tydens die derde kwartaal: Graad 8: N Davel; C Viljoen; R Swanepoel; G Schwartz; R Greyling; B Cronje; J Schoeman; L Swanepoel; R Bosman; M Louw en Z Marais. Graad 9: J Wilken; W Gregory; A Kleynhans; M de Villiers; T van Biljon; R Breedt; F du Preez; Z Fouche; JP Kruger en GF Scheepers. Graad 10: A. Saayman, C. Stear, L. Ferreira, D. Swanepoel, H. Papenfus, T. Duvenage, J. Muller, M. van Rooyen, K. Riley, M. Killian. Graad 11: J Grobbelaar; E Bosch; J Botha; N Ndaba; S Combrinck; J Breedt; S Williams; K Combrinck; H Vreken en J Smuts.

Jaarblad 2015 – Bestel nou! 2015 se jaarblad kan nou by die skool bestel word. Dit is ‘n volkleur jaarblad en is gevul met talle fotos en die hele jaar se gebeurtenisse. Die prys beloop R100 per jaarblad. Dit sal in die laaste week van die eksamen uitgedeel word. Bestel nou, moet dit nie misloop nie!

Krieket: Onderwysers vs Skool: Ons wens graag die onderwysers-krieketspan geluk, wat Maandag teen die skool se krieketspan gewen het. Julle het hulle mooi gewys wie is baas!

Verbruikerstudies-olimpiade: Baie geluk aan die volgende leerders wat sertifikate ontvang het: J Taylor; L McIntyre; S Goosen; A vd Merwe; A Roux; M Grobler; J Botha; A vd Merwe; N Muller; M Labuschagne; C Erasmus; Z Mathebula; J Smuts en B Wenning.

Atletiek: Zandri Meyer is gekies om op 16 Oktober, in Bloemfontein as deel van Grey College se atletiekspan deel te neem. Sy het goed presteer en het ‘n derde plek in diskus behaal en ‘n sesde plek in gewigstoot. Wel gedaan!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button