NewsSchools

Hoërskool Pionier – Kerssangdiens 2015

Zurike Marais, René Uys, Shené de Villiers, Jan-Paulus Kruger en Ally Sevenster het pragtige sangitems gelewer.

Hoërskool Pionier het Maandag, 2 November, hul jaarlikse Kerssangdiens in die skoolsaal gehou.

Wat hierdie geleentheid so uniek gemaak het, is die feit dat 20 gr 11’s die voorlesing behartig het en van ons skool se eie sangleerlinge die solo’s en duette gelewer het. Zurike Marais, René Uys, Shené de Villiers, Jan-Paulus Kruger en Ally Sevenster het pragtige sangitems gelewer.

‘n Besondere dank aan die volgende mense wat besondere bydraes gelewer het: mev Caren Lombard (afrigting van die sangleerlinge), mnr Jan Erasmus (klank) die Afrikaans Huistaal-departement (organiseerders). Baie dankie dat ons skool die geleentheid kon kry om die koms van die Here met die Kerssangdiens te kon vier.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button