NewsSchools

Lucas Meyer Primêre Skool – Puik prestasies in sport

Die knellende droogte het tot gevolg dat die Bivanedam-Bonanza sal oorstaan tot 16 Maart 2016.

 

TYDENS die tennis- en kriekettoekennings vir die 2015 seisoen, ontvang die volgende leerlinge erkenning vir hul prestasies:

Tennis: Marlie Smit ontvang die Simoné Meyer- wisseltrofee vir die beste tennisspeler vir die 2015 seisoen; Krieket: 1ste span: Vryheidstreekspan: Marnus Christie; Jacques Erwee; Mikal Kruger; Tiaan Marais; Francois Theron en Danie Nel.

Die speler wat die meeste lopies aanteken is Marnus Christie en bouler met die meeste paaltjies geneem, Tiaan Marais. Die Willem Kotze- Trofee vir krieketspeler van die jaar: Danie Nel en Tiaan Marais.

o/11 span: Vryheidstreekspan: Dian Davel; JD Jonker; Hubert Bredenhann; Hermanus Steenkamp; Jacques van Niewenhuizen; Jaden van Eck en Jaden Dippenaar. Die kolwer met die meeste lopies in die seisoen is Jaden Dippenaar en Jaden van Eck was die beste bouler.

o/7 span: Die spannetjie het ‘n blink toekoms en na afloop van die onderskeie mini-kriekettoernooie tree hul onoorwonne uit die stryd.

Gr R Gradeplegtigheid: LMS se gr R leerlinge het gesorg vir luistergenot tydens hul gradeplegtigheid. ‘n Pragtige program is aangebied en mev Annatjie Odendaal was ons eregas. Elke gr R het hul sertifikaat ontvang en toe is die aand afgesluit met sangitems wat gewissel het van ritmiese samesang tot gewyde sang. Baie geluk aan die gr R en RR personeel met ‘n goed gereëlde funksie.

LMS Hengelkompetisie: Die knellende droogte het tot gevolg dat die Bivanedam-Bonanza sal oorstaan tot 16 Maart 2016.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button