Lucas Meyer Primêre Skool – Fase 2 akademiese toekennings 2015
CC Greyling, ’n oudskolier, hoofseun en Dux van LMS, was ons eregas wat die leerders se toekennings oorhandig het. Baie dankie aan John Kitching wat die skriflesing waargeneem het.
DIT was Donderdag, 12 November, die fase 2 leerlinge se prystoekenningsfunksie gewees.
Dit was ’n spoggeleentheid gewees waar leerlinge erkenning ontvang het vir die jaar se harde werk. Die skoolsaal was volgepak deur ouers en gaste en Juf Botha het ook ‘n terugblik van die jaar se hoogtepunte gedeel. LMS het beslis “Gewerk en Gegroei!” CC Greyling, ’n oudskolier, hoofseun en Dux van LMS, was ons eregas wat die leerders se toekennings oorhandig het. Baie dankie aan John Kitching wat die skriflesing waargeneem het. Baie dankie aan al die LMS personeel vir al die voorbereidings wat die aand so glad laat verloop het. Groot dank ook aan ons donateurs Afrimat, Corrie Jansen Van Vuuren, mnr en mev Coetzee en Hugo Burger vir hulle ondersteuning en betrokkenheid by LMS.
Baie geluk aan die volgende klaspryswenners: Gr 4L: Cay-Li Birkenstock; 4M: Zoé Richards; 4S: Anika Dedekind. Gr 5L: Anika Smit; 5M: Nadine van Wyk; 5S: Anya Richter. Gr 6L: Caitlin Keightley; 6M: Ger-Mari Kruger; 6S: Chené Stear. Gr 7L: Lisa Grobbelaar; 7M: Anrie Jansen Van Rensburg; 7S: Marlie Smit.
Baie geluk aan die volgende leerlinge wat trofeë ontvang het: Leierskap: FS le Roux Wisseltrofee aan Eckhart Potgieter en Berné v Heerden; Volhardende wenner: Estie de Klerk; Wisseltrofee aan Gaby Joubert; Staatmaker diens: Dr Matie Pieters Wisseltrofee aan John Sander; Redenaars: Beste Junior Redenaar: Gropp-Stear Wisseltrofee aan Janus Pretorius.
Beste Senior Redenaar: Mercia vd Westhuizen Wisseltrofee aan Tiaan Marais; Beste prestasie: EG Jansen Redenaars trofee aan Chené Stear en Tiaan Marais; Skaak: Beste Junior Skaakprestasie: Afrimat Wisseltrofee Jnr aan Petrie de Wit; Beste Senior Skaakprestasie: Afrimat Wisseltrofee Snr aan Stephan de Wit; Afr geskiedenis opstel: Griet Swart Wisseltrofee aan Anke Erasmus. Afr Vakprys: Tienie Meyer Wisseltrofee aan Anrie JvRensburg; Engels: Gerhard Olckers Wisseltrofee aan Lisa Grobbelaar; Wiskunde: Riaan Brits Wiskunde Wisseltrofee aan Lisa Grobbelaar; NW: Van den Berg Wisseltrofee aan Lisa Grobbelaar; SW: aardrykskunde: Drika Coetzee Wisseltrofee aan Berné van Heerden; SW: Geskiedenis: Drika Coetzee Wisseltrofee aan Marlie Smit; EBW: AG Visser Trust Wisseltrofee aan Lisa Grobbelaar; Tegnologie: Spur Wisseltrofee aan Berné van Heerden; KK: Jong Kunstenaars Wisseltrofee aan Anrie J v Rensburg; LO: Greyling-Genis Wisseltrofee aan Berné van Heerden and Anrie J. v. Rensburg; Sportdogter: Berné van Heerden; Sportseun: Eckhart Potgieter; Veelsydigste leerling: Burger Wisseltrofee en prys aan Tiaan Marais; DUX 2015: Duyts Wisseltrofee en Burgerprys aan Marlie Smit.
Baie geluk aan alle leerlinge met hul onderskeie toekennings.



