Ferrum spanne as wenners gekroon
Tydens die April vakansie het Hoërskool Ferrum ‘n hele paar suksesvolle sporttoere gehad.
Tydens die April vakansie het Hoërskool Ferrum ‘n hele paar suksesvolle sporttoere gehad.
Dogtershokkie:
Die eerste dogtershokkiespan het gedurende die vakansie Margate Sportweek bygewoon. Hulle het Ferrum se naam hoog gehou deur agt wedstryde te speel, waarvan hulle sewe gewen en een verloor het.
Seunshokkie:
Die eerste seunshokkiespan het ook Margate Sportweek bygewoon. Hulle het vier oefenwedstryde van 30 minute elk gespeel.
Die uitslae was soos volg:
Ferrum (FHS) teen Durban North College: FHS wen 5 – 0.
FHS teen Curro Hazeldean Silverlakes PTA: FHS wen 8 – 0.
FHS teen Curro Hill Crest: FHS wen 2 – 0.
FHS teen Rooseveldt High School: FHS wen 4 – 0.
Hulle het vier toernooiwedstryde gespeel, waarin die uitslae as volg was:
FHS teen Rooseveldt High School: FHS wen 1 – 0.
FHS teen Curro Hill Crest: FHS wen 2 – 0.
FHS teen Curo Hazeldean Silverlakes PTA: FHS wen 2 – 0.
FHS teen Durban North College: FHS wen 3 – 0.
Ferrum het 27 doele aan geteken gedurende die toernooie, met geen doel teen hulle nie. Die span is dus aangewys as die week se toernooiwenners.
Eerste rugbyspan
Die eerste rugbyspan het op Durban Noord Kollege se velde drie wedstryde gespeel en 16 drieë gedruk. Na afloop van die toernooi is hulle aangewys as die toernooiwenners.
Die uitslae was soos volg:
FHS teen Greytown High: FHS wen 46 – 0 (Divan Bezuidenhout – Man van die Wedstryd).
FHS teen Birchleigh Hoër: FHS wen 45 – 7 (Frikkie Hendriks – Man van die Wedstryd).
FHS teen Bekker Hoër: Gelykop: 14 – 14 (Frikkie Hendriks – Man van die Wedstryd).
o/16 Rugby
Die o/16 rugbyspan het ook aan die Durban Noord Kollege toernooi deelgeneem, en al drie hul wedstryde gewen. Hulle is ook aangewys as die o/16 toernooiwenners.
Die uitslae was soos volg:
FHS teen New Forest: FHS wen 54 – 10 (Johandré Buitendag – Man van die Wedstryd).
FHS teen Birchleigh Hoër: FHS wen 49 – 0 (Dominique Batista – Man van die Wedstryd).
FHS teen Port Shepstone High: FHS wen: 33 – 5 (Johandré Buitendag – Man van die Wedstryd).
Baie geluk!




