Kruiskerk opening, Glencoe
Ons sien daarna uit om u te verwelkom en nader kennis te maak oor 'n koppie tee of koffie.

Met groot blydskap en dankbaarheid het die inwyding van die nuwe kerkgebou Vrydagaand 29 April om 6.30nm afgeskop by Kruiskerk Gemeente Glencoe, waar Past. Andy Ducasse van Kingsway Ministries die inwydingsdiens waargeneem het en ook die seën van die Here oor Past. Connie, Trudie en Jaco Kritzinger gebid het.
Saterdag het almal heerlik saam gekuier om ‘n lekker spitbraai en goeie geselsskap.
Sondagoggend het Past. Connie se seun, Jaco, die woord gebring en die feesviering is Sondagmiddag 4nm afgesluit waar Past. Connie Kritzinger die woord gebring het.
Graag wil ons, ons dank betuig aan almal se harde werk en ondersteuning om hierdie openingsnaweek ‘n sukses te kon maak, al die eer kom die Here toe.
Ons sien daarna uit om u te verwelkom en nader kennis te maak oor ‘n koppie tee of koffie.






