Pionier se eie high School Musical
ONS is trots om te berig oor ons verhoogproduksie wat ons aangebied het in die week van 1-4 Augustus.

ONS is trots om te berig oor ons verhoogproduksie wat ons aangebied het in die week van 1-4 Augustus. Mev Candi Fourie en haar span het die groot taak aangepak en het leerlinge die geleentheid gegee, om in hul tweede taal ‘n verhoogproduksie aan te bied.
Audisies is al vroeg in die jaar gehou en die karakters is met fyn vernuf gekies om elke rol perfek te vul. 50 leerders en ‘n handvol personeellede, het alles in die stryd gewerp. Laataande se oefen, naweke se uitkamp in die skoolsaal en hope binnepret, het daartoe bygedra dat ons met trots kan terugkyk na ‘n baie suksesvolle produksie.
Vir die gehoor lyk dit altyd of alles seepglad verloop, maar agter die skerms word daar baie hard gewerk en soms word daar binne splitsekondes ‘n situasie gered. Dit is wonderlik om te sien dat ons skool soveel talentvolle kinders het.
Baie dankie aan elkeen van die 50 leerlinge en ‘n handvol entoesiastiese onderwysers wat deel was van die blyspel. Julle het hard gewerk en dit het beslis vrugte afgewerp. ‘n Totaal van agt optredes is Donderdag-aand afgesluit met die gala-aand. Ons sien daarna uit om die volgende musiekblyspel op die planke te bring.
7’S TOERNOOI
Vrydag en Saterdag 26 en 27 Augustus word een van die grootste 7’S toernooie in Suid-Afrika op die velde van Hoërskool Ponier aangebied. Twee en twintig 0/19 spanne sal meeding teen mekaar en 12 spanne in die 0/15 afdeling. Sewes rugby is ook van vanjaar ‘n sportsoort waarin spanne by die Olimpiese Spele kan meeding.
Kalender
11 Augustus : Fast 5 Cup 2 (Pionier Sportvelde)
13 Augustus : 7’S Toernooi vir 0/15 en 0/18 (Maritzburg College)
15-18 Augustus : Koshuisweek 2016
If you have any interesting stories please send them to: estella@caxton.co.za or Contact us on: 034 9813930.
Also Find us on: Facebook , Twitter, and on Whats App 060 986 0731.



