EntertainmentLifestyleNewsSchoolsBreaking News

Markdag kweek entrepreneurs

DIE Gr 7 leerlinge het ‘n baie suksesvolle markdag verlede week aangebied.

Uitgereik deur Lucas Meyer Primêre Skool

DIE Gr 7 leerlinge het ‘n baie suksesvolle markdag verlede week aangebied.

Die markdag is deel van hul EBW aktiwiteite en leerlinge word oor ‘n wye spektrum bepunt. Die markdag het vir groot opgewondenheid gesorg by beide kopers en verkopers. Verskeie Gr 7s kon na die tyd nie uitgepraat raak oor hoe lekker dit was om “geld te maak” nie.

Krieket: Na afloop van die o/13 krieketproewe om die Vryheid Streekspan aan te wys, spog LMS met drie seuns wat deurdring na die Binnelandeproewe. Baie geluk aan Cole van Rooyen, Jayden van Eck en Jayden Dippenaar met hierdie mooi prestasie.

Die eerste krieketspan het verlede week teen Lüneburg se eerste span kragte gemeet. LMS teken 87 lopies aan met Lüneburg wat die wedstryd met 137 lopies wen. Die beste kolwer is Jacques van Nieuwenhuizen (87) en die beste bouler Jayden Dippenaar (2 paaltjies).

Tennis: LMS se tennisspan het die afgelope week teen Monument te Ladysmith kragte gemeet. Ons dogters vaar puik met 18 spelle teenoor 10 wat gewen word. Monument was egter die algehele wenners. Geluk aan die spelers en dankie aan al die ouers wat die span vergesel het en met vervoer gehelp het.

Program: 18 Augustus – Krieket eerste teen Michaelis, 20 Augustus – Krieket Minitoernooi – Lüneburg, 20 Augustus – Tennis Dundee, en 22 Augustus – Gr 7 Toer.

If you have any interesting stories please send them to: estella@caxton.co.za or Contact us on: 034 981 3930.

Also Find us on: FacebookTwitter, and on Whats App 060 986 0731.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button