Local newsNewsSchoolsBreaking News

Prestasies op vele terreine

BAIE geluk aan die volgende seuns wat gekies is vir die KZN 7's High Performance span: Marno Crathorne, Christiaan Zietsman en Jacques Lindeque.

Uitgereik deur Hoërskool Pionier

BAIE geluk aan die volgende seuns wat gekies is vir die KZN 7’s High Performance span: Marno Crathorne, Christiaan Zietsman en Jacques Lindeque.

Hulle het die naweek gespeel in die DHS toernooi as deel van die KZN o/17 uitnodigingspan. Die groep bestaan uit 25 spelers. Die week word 15 spelers bekend gemaak wat KZN o/17 span gemaak het.

Krieketuitslae: 1ste span: 6 September teen Ferrum Hoerskool: Ongelukkig verloor die 1ste span teen Ferrum met 1 lopie. Daar was baie goeie kolfuitslae: Brandon Bender wat 32 Lopies aanteken en Jaco Huyser wat 29 lopies aanteken. Daar was ook puik bouluitslae: Roland Breedt 1 beurt vir 5 lopies met 1 paaltjie en Zane van Rooyen wat 1 beurt vir 3 lopies met 2 paaltjies neem. o/15s: 7 September teen Landbou: Landbou kolf eerste en maak 82 lopies na 13 balbeurte. Die beste bouler was Jaco Coetzee wat 4 paaltjies gevat het en net 12 lopies afgestaan het in 3 boulbeurte. Die beste kolwers was Jaco Coetzee 42 van 36 balle en Danie Nel 27 van 25 balle. Ons behaal die lopies in die 11 de boulbeurt en wen met 9 paaltjies.

Zandri Meyer presteer in atletiek: Zandri Meyer het 2 en 3 September deelgeneem aan ‘n Noord Natal Provinsiale Atletiekbyeenkoms. Sy het baie goed presteer! Met gewigstoot ontvang sy goud nadat sy 10,83m gestoot het en in diskus gooi sy 30,94m wat vir haar ook goud in die sakkie stop. Sy is uitgenooi om aan die einde van die maand by die SAs in Sasolburg deel te neem waar sy Noord Natal gaan verteenwoordig. Baie sterkte, Zandri.

Proefeksamen: Baie sterkte aan al Pionier se matrikulante wat hierdie week met Proefeksamen begin het. Harde werk sal op die ou einde die moeitewerd wees.

Program: 12 September – Proefeksamen begin.

If you have any interesting stories please send them to: estella@caxton.co.za or Contact us on: 034 981 3930.

Also Find us on: FacebookTwitter, and on WhatsApp 060 986 0731.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button