Local newsMunicipalNews

AfriForum gryp in en herstel gevaarlike slaggat

DIE burgerregte-organisasie, AfriForum, het vandag ’n gevaarlike slaggat op die R33 tussen Paulpietersburg en Vryheid herstel.

Uitgereik deur AfriForum

DIE burgerregte-organisasie, AfriForum, het vandag ’n gevaarlike slaggat op die R33 tussen Paulpietersburg en Vryheid herstel.

Dít volg nadat die plaaslike gemeenskap verskeie klagtes oor die aangeleentheid by die departement van vervoer ingedien het. Die spesifieke slaggat op die verbrokkelde pad het al tot menige beskadigde bande aanleiding gegee.

“Ons kon nie verder toekyk hoe motoriste skade ly nie en die slaggat hou ’n groot risiko in vir almal wat die pad gebruik,” sê Eugene van Aswegen, voorsitter van die AfriForum-tak in Paulpietersburg.

Plaaslike AfriForum-lede het teer verskaf en self die slaggat binne ’n uur herstel.

“Ons spreek ons misnoeë uit oor die departement van vervoer se versuim om die slaggat te herstel ten spyte van verskeie versoeke. Ons versoek ook dat die ander slaggate op die pad spoedig herstel word,” voeg Van Aswegen by.

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Slaggat” na 45267 (R1).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button