‘n Feestelike Oupa- en Oumadag by Ichthus!
Almal teenwoordig het 'n keurige tweegang-maaltyd geniet en heerlik saam gekuier

Op Donderdag Maart 30, het Ichthus weer hulle jaarlikse Oupa- en Oumadag aangebied! Hierdie jaar is Ichthus se 20 jarige bestaan en dit was ‘n feestelike en geestelike geleentheid! Al die kinders vanaf Graad RR tot Graad 7 het verskillende items gelewer en die skoolkoor het liedjies soos “O Magnify the Lord”, “Siyahamba” en “Alleluja” gesing. Almal teenwoordig het ‘n keurige tweegang-maaltyd geniet en heerlik saam gekuier. Die skool se hartlike dank aan al die grootouers en eregaste wat hierdie oggend meegemaak het! Ichthus waardeer julle en bid julle die Here se rykste seën toe! Baie dankie aan al die ouers en onderwysers wat die oggend georganiseer het, dit was heerlik! ‘n Spesiale woord van dank aan Mev. Zelma Emslie wat die geleentheid koördineer het en Mev. Susan Caldecott, onder wie se bekwame leiding die innerlike versterk is.



