Local newsNews

Amajuba se Matriek leerders van 1977 vier saam

Die eerste Matriekklas van Amajuba Hoërskool, wat in 1977 hulle Matriek geskryf het, het onlangs hulle 40ste reunie gevier.

Die eerste Matriekklas van Amajuba Hoërskool, wat in 1977 hulle Matriek geskryf het, het onlangs hulle 40ste jaar uit die skool uit reunie gevier.

Almal wat van ver gereis het, het by Newcastle Country Lodge oornag – die meerderheid vir beide die Vrydag- sowel as die Saterdagaand.

Vrydaglaatmiddag het die meerderheid gearriveer.

‘n Skaap geskenk deur Fanie van Schalkwyk en die heerlike bykosse van die lodge het daartoe bygedra dat daar heerlik gekuier is tot laatand.

Saterdagoggend was dit besoektyd aan die alma mater, en almal het opgedaag saam met hulle gades by die skool, op waar skoolhoof Justus Hartung hulle gasvry ontvang het in die personeelkamer, en bederf met heerlike versnapperinge.

Corrie Maritz is ten volle geklee in die skool se amptelike skooldrag.

Die hoof het die groep gelig in tov alle projekte wat die skool tans bedryf, nadat hy die groep hartlik welkom geheet het.

Toe was dit besoektyd aan die skoolsaal waar daar soveel herinneringe deur elkeen se gedagtes gegaan het.

Eers word almal staangemaak soos daar gestaan was met die neem van die klas foto in 1977.

Met Johann Dednam wat agter die klavier ingeskuif het, was dit tyd om weer eens die skoollied uit volle bors te sing.

‘n Draai word deur die skool geloop en ook die biblioteek besoek.

“Dit was lekker om te hoor en te sien dat daar vooruitgang by die skool is, dat die hoof en personeel die skool na aan hulle hart dra om sodoende te verseker dat elke leerder net die beste kry,” het oud-Jubie, Daleen Roos gesê.

Terug by die lodge, word daar weereens lekker gekuier en reggemaak vir die eintlike funksie die Saterdagaand.

Die hoof en twee oud-leerkragte het in hierdie unieke geleentheid gedeel, naamlik Phillip Noome en Anne du Preez saam met hulle gades.

Hulle teenwoordigheid is werklik waardeer.

Tydens die amptelike verrigtinge, word dit dan ook aan die hook bekend gemaak dat hierdie klas die bedrag van R17 700 geskenk het vir ‘n spesifieke projek in hulle beplanning vir die jaar.

“Ons glo ook dat hierdie bydrag as ‘n aansporing sal dien vir ander reunies om dieselfde te doen.”

Na nog ‘n heerlike ete en skaap op die spit, geskenk deur Elize en Dewald Fick, word daar gekuier en gedans tot laataand.

“Baie dankie aan Tersia Brink, veral wat as sameroeper van die komitee gesorg het dat alles vlot verloop her. Ferdie Pretorius was ‘n puik seremoniemeester met al die stories en staaltjies uit vervloeë se dae, wat hy met die groep gedeel het. Dit was heerlik om ‘n naweek saam te kuier.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button