As deel van hul jaarlikse “Student Entrepreneurial Competition” (SEC), het die Newcastle Sakekamer Dinsdag 20 Maart hul Dragon’s Den aangebied by Stucky Motors.
Dié Dragon’s Den was ingestel om aan die top ses leerders van die SEC die geleentheid te bied, om hul voorgenome besigheidsplanne aan die paneel ‘Dragons’ voor te lê.
Die paneel het bestaan uit suksesvolle besigheidslui en Sakekamerbestuur, Rob Russel, André Kotze, Morné Seaman, Elmar Gouws en Japie Myburgh, met Jandri Barnard as projekleier en Angelique van Vuuren as organiseerder.
Die SEC is ‘n jaarlikse inisiatief van die Sakekamer, waar hulle graad 10 en 11 leerders die geleentheid gee om hul staal as die toekomstige besigheidsmanne en -vroue van Suid-Afrika te wys.
As deel van die kompetisie word die Top 6 leerders hierdie jaar ook vereis om hul besigheidsplanne en produkte voor te lê op 21 April 2018 by die Newcastle Mall, waar die kompetisie die jaar ook aangebied sal word.
Die leerders se produkte sal ook deur hulle bemark en verkoop word tydens dié Winterfees wat plaas sal vind op die 26ste tot 28ste April.
Die uiteindelike wenners sal op die 16de Mei aangekondig word tydens ‘n glansryke gala-aand, waar gaste en die deelnemers kan uitsien na ‘n praatjie deur bekroonde besigheidsman en oud-Springbok rugbyspeler Ashwin Willemse.
Die Newcastle Advertiser wens die top ses leerders sterkte toe.
Also remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages.
Add us on WhatsApp today! 082 874 5550

Remember to read our WhatsApp disclaimer.
You can also email our offices on Reveshni Douglas at reveshni@caxton.co.za or newsun@caxton.co.za Bruce Douglas at Newed2@caxton.co.za Tersia Gopi at newed@caxton.co.za Zianne Leibrandt at ncschools@caxton.co.za




