Pionier se leerders neem deel aan die Chelmsford Challenge
Van die 44 deelnemers, het party in beide die 1km en 500m afdeling geswem. Ons is so trots om te sê dat daar altesaam meer as 60 inskrywings was!
‘n HELE paar van Pionier se leerders het op Sondag, 18 Februarie, deelgeneem aan die Chelmsford Challenge by die Chelmsford Dam naby Dundee. Dit was weereens ‘n baie gesellige dag. Só het ons swemmers gevaar:
Danielle Bosman: 1ste dogters 13-14jr, Estiaan Botes: 2de seuns 13-14jr; Michael Williams: 3de seuns 17-19jr; Juf Anneke Gerber: 2de Dames 30jr en ouer: Dirk Grobler: 3de algeheel in individuele driekamp
Van die 44 deelnemers, het party in beide die 1km en 500m afdeling geswem. Ons is so trots om te sê dat daar altesaam meer as 60 inskrywings was!
Oratorsaand
Op 8 Februarie is ons jaarlikse Oratorsaand gehou. Dit was ‘n baie suksesvolle, aangename en mooi geleentheid, waar ons talentvolle redenaars mekaar die stryd kon aansê. Met notas in die hand en ondersteuners aan die sy, het 14 seniors en 11 junior sprekers hul sprak kom sprook.
Ons bedank graag ons uiters professionele beoordelaars, wat bygedra het om aan hierdie geleentheid spogstatus te verleen, asook leerders en personeellede wat bereid was om te help.
Die uitslae was as volg: In die senior-afdeling: vierde – Christinet Zaal; derde – Anrie J van Rensburg; tweede – Dané Jordaan; eerste – Tiaan Marais. Jethro Buss is die wenner van die addisionele taal kategorie.
Die junior-uitslae: Die derde plek gaan aan Sharné Jordaan; die tweede plek word gedeel deur Henk Zaal en Danielle Bosman, met Dirk Grobler in die eerste plek en Sizwe Dhlamini as die wenner in die addisionele taal kategorie.
Baie sterkte aan al die redenaars wat op 10 Maart, te midde van ‘n baie besige kwartaal, aan die ATKV Eerste Uitdunrondte in Newcastle gaan deelneem.
Eerste ronde van Puk 16 skop af
Netbal: o/14 wen 32-2, o/15 wen 29-3, o/16 wen 27-7, 2des wen 38-8 en 1stes wen 61-1.
Hokkie: o/14 speel gelykop 0-0, o/15 verloor 6-0, o/16 verloor 2-1, 2des wen 1-0, en 1stes verloor 4-1. Seuns hokkie: 0-0 gelykop
Rugby: o/14 wen 31-19, o/15 wen 42-19, o/16 wen 33-31, 2des wen 55-0 en Pionier se eerste span wat saam met Bekker van Magaliesburg die verdedigende kampioene van die reeks is, moes so bietjie sweet om Volksrust met 17-3 in sy eerste wedstryd van die kompetisie onder te kry. Pionier het teen rustyd ‘n skamele voorsprong van 5-3 geniet.
Pionier se eerste span het vroeër in die week teen Kearsney College ook met 23-17 as oorwinnaars uit die stryd getree. Hierdie span is dus ‘n span om vanjaar dop te hou.
Ruitersport
Bianca Louw het op 24 Februarie deelgeneem aan gymkhana en is aangewys as die beste ruiter van die dag sowel as Victrix Ludorum. Pragtig Bianca.
Kalender
8 Maart: SBL Verkiesing ouers
10 Maart: Wintersport Ferrum Tuis


