Local newsNewsSchools

Ichthus skitter by Wetenskap Expo in Ladysmith

Ichthus will graag dank uitspreek teenoor elke leerder wat met baie oorgawe aan hierdie projekte gewerk het.

Tydens die Eskom Wetenskap Expo Streekkompetisie die afgelope naweek, het Ichthus se Gr 7-leerders pragtig presteer en die volgende toekennings ontvang: Zenande Ngwenya en Siphume Ntombela, Andiswa Mavundla: Brons medalje. Zandisiwe Maphalala en Joyce Cibyayi: Silwer medalje. Amahle Gwala en Luthando Zikalala, Roseline Mumpi en Owethu Mbatha: Goue medalje.
Twee projekte nl. “Marking Meltdown” deur Amahle Gwala en Luthando Zikalala, asook “What is your emoji?”, deur Roseline Mumpi en Owethu Mbatha, is ook aangewys as wenners in hul onderskeie kategorieĆ«.
Ichthus will graag dank uitspreek teenoor elke leerder wat met baie oorgawe aan hierdie projekte gewerk het. Spesiale dank aan elke onderwyser betrokke, vir uitstekende leiding en ondersteuning. Soli Deo Gloria!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button