Ichthus se Zandisiwe skitter by ATKV Redenaars
Met pittige en goed-gedokumenteerde redenasies, het sy vir haarself ‘n 5de plek uit 16 deelnemers in haar ouderdomsgroep in Suid-Afrika, losgepraat.
Zandisiwe Maphalala, ‘n Graad 7 leerder by Ichthus Christelike Skool, het op Donderdag Augustus 16, aan die Finale Rondte van die ATKV Redenaars vir Eerste Addisionele Taal-sprekers in Rustenburg, deelgeneem. Zandisiwe is ‘n kranige gebruiker van Afrikaans en sy het in Graad 1 gedink dat Afrikaans ‘n taal is wat deur onderwysers gepraat word sodat kinders dit nie moet verstaan nie!
Sy het reeds op hierdie vroeë ouderdom besluit dat sy Afrkaans wil verstaan en praat. Zandisiwe se onderwerp, “ Liewer ‘n uurglaslyfie as ‘n suur suigstokkiebokkie” was ‘n tong-in-die-kies redenasie dat mens liewer rond, gesond en vriendelik moet wees as maer, stug en onvriendelik. Met pittige en goed-gedokumenteerde redenasies, het sy vir haarself ‘n 5de plek uit 16 deelnemers in haar ouderdomsgroep in Suid-Afrika, losgepraat. Ons dank die Here vir haar talente, asook die personeel, Mev Lizl Hesom en Annelie Dowling wat met die Redenaars by Ichthus behulpsaam is. Soli Deo Gloria!



