NewsSchools

Ichthus Pretstap na ‘n heerlike Oase

Gewapen met waterbottels, sonhoede en piekniekmandjies het hulle al singende deur Strathmore Park geloop, oppad na 'n onbekende bestemming.

Ichthus se leerders was baie opgewonde om op 9 November mee te doen aan ons geborgde pretstap. Gewapen met waterbottels, sonhoede en piekniekmandjies het hulle al singende deur Strathmore Park geloop, oppad na ‘n onbekende bestemming.

Wat ‘n verrassing toe hulle die Kwa-Rie Karavaanpark binnegelei word! Die leerders en leerkragte het hulself heerlik tussen die dammetjies, onder die bome tuisgemaak en heerlik gekuier.

Net voor die son te warm geword het, is die terugtog aangepak skool toe. Wat ‘n heerlike manier om 5km af te lĂȘ.
Baie dankie aan Mnr en Mev Du Plooy van die Kwa-Rie Karavaanpark vir hul gasvryheid en spesiale toestemming.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button