LMS leerling presteer nasionaal
Baie geluk aan Tiaan Colloty (Gr. 7) wat Nasionaal die algehele 2de plek behaal het.
VERSKEIE leerlinge het die geleentheid gehad om vanjaar aan ‘n wetenskap-kompetisie van Microbial Biological Fertilizers International (MBFi) deel te neem. Die maatskappy doen navorsing oor en vervaardig insekmiddels en ander mikro-organismes vir gebruik in die landbousektor. Die leerlinge het deelgeneem aan MBFi se sogenaamde boontjieprojek. Boontjiesade moes oor ‘n tydperk onder verskillende omstandighede binnenshuis geplant word om die ontkieming en groei waar te neem en te monitor. Daar moes noukeurig verslag gehou word en foto’s moes ook die inskrywings vergesel.
Baie geluk aan Tiaan Colloty (Gr. 7) wat Nasionaal die algehele 2de plek behaal het. Ons is baie trots op Tiaan met hierdie besondere prestasie.
ALSO READ: Lucas Meyer Primary School welcomed their Grade 1s
Program
30/11 – Moo Poo en Kermis
12/12 – Skool Sluit
ALSO READ: LUCAS MEYER PRIMÊRE SKOOL



