Local newsNewsSchools

Senior fase akademiese toekennings

Baie geluk aan al die klaspryswenners.

DIE 8 November was die senior fase leerlinge se prystoekenningsfunksie. Dit was ’n spoggeleentheid waar leerlinge erkenning vir die jaar se harde werk ontvang het. Die skoolsaal was volgepak deur ouers en gaste en Mnr Kritzinger het ook ‘n terugblik van die jaar se hoogtepunte gedeel. LMS het beslis “Gewerk en Groei”.

Mnr. Jan-Paulus Mellet, ’n oudskolier van LMS, was ons eregas wat die leerders se toekennings oorhandig het. Hy het ook ’n inspirerende boodskap gelewer. Dankie aan Villa Beryl Gastehuis wat sy akkommodasie geborg het en al die ander donateurs. Baie dankie aan Pastoor Jannie Viljoen wat die skriflesing waargeneem het. Dit was ook ’n voorreg om hom as oud LMS personeellid teenwoordig te hê. Baie dankie aan al die LMS personeel vir al die voorbereidings wat die aand so glad laat verloop het.

ALSO READ: LMS leerling presteer nasionaal

Baie geluk aan die volgende klaspryswenners:

Gr. 4L: Michal Richter:, 4M: Keagan Keightley, 4S: Lucille Solms

Gr. 5L: Leonie-Jane Joubert, 5M: Carla Janse van Rensburg, 5S: Elizabeth Liversage

Gr. 6L: Jasmin van Rooyen, 6M: Janika Ferreira:, 6S: Lené Janse van Rensburg

Gr. 7L: Anika Dedekind, 7M: Chris Henson, 7S: Zoé Richards

Groot dank ook aan al ons donateurs van die klaspryswenners.

Baie geluk aan die volgende leerlinge wat trofeë ontvang het:

Leierskap: Zoé Richards en Herman Dekker

Staatmakerdiens: Carlo Strydom

Geskiedenis Opstel: Lianca Landman

Best Written Essay: Nina Coetzee

Afrikaans: Zoé Richards

Engels: Zoé Richards

Wiskunde: Chris Hentzen

NW: Zoé Richards

Aardrykskunde: Zoé Richards

Geskiedenis: Zoé Richards

EBW: Zoé Richards

Tegnologie: Zoé Richards

Kuns en Kultuur: Cay-Li Birkenstock

LO: Zoé Richards

Veelsydigste Leerling: Zoé Richards

DUX 2018: Zoé Richards.

ALSO READ: LUCAS MEYER PRIMÊRE SKOOL

Herinneringsdag: Die hoofleiers het die Herinneringsdag seremonie op Sondag, 11 November

2018, bygewoon. Hierdie 100-jarige herdenking van die einde van die Eerste Wêreldoorlog

was ‘n besondere geleentheid vir ons leerlinge.

Hoofleiers by Herinneringsdag: Ilani Lathleiff, Zoé Richards, Herman Dekker, Pierre Grobler.

Program

15/11 – Eksamen Begin

28/11 – Eksamen Eindig

30/11 – Moo Poo en Kermis

12/12 – Skool Sluit

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button