Local newsNewsSchools

Lucas Meyer Skool groet Mnr Cassie Smith

Mnr. Cassie Smith het vanuit die staanspoor ‘n aktiewe rol gespeel in die werksaamhede van die skool en koshuis.

LMS groet vanjaar een van sy ou staatmaker onderwysers na twaalf jaar. Mnr. Cassie Smith het in 2006 ‘n pos as onderwyser by LMS aanvaar en vanuit die staanspoor ‘n aktiewe rol gespeel in die werksaamhede van die skool en koshuis. As onderwyser wat in Aardrykskunde spesialiseer, het hy nie net die werk op ‘n interessante wyse aan sy leerlinge onderrig nie, maar het hy ook daarin geslaag om ‘n liefde vir die vak by hulle aan te wakker en hulle belangstelling daarin te prikkel. Hy het ook op die skool se bestuur gedien en was die laaste jaar adjunkhoof. As koshuisvader het hy saam met sy eggenote die koshuis tot ‘n ware tweede tuiste vir die inwoners omskep en ‘n instelling waarop die skool trots kan wees.

ALSO READ: LMS visit Vryheid’s historical sites

Mnr Smith is bekend as ‘n groot rugby-entoesias sover dit skolerugby betref. Hy het vir vele jare en by verskeie geleenthede die skool se 1ste-rugbyspan afgerig en LMS se gesogte en suksesvolle Rugbyweek wat jaarliks aangebied word, was dan ook sy breinkind. Hy was ook vir 8 jaar lank die afrigter van die Noord-KZN rugbyspan en vir 5 jaar lank die sekretaris van die Noord-KZN Skolerugbyunie. Hy dien ook op die dagbestuur van die Natal-rugbyunie vir laerskole.

ALSO READ: LMS leerling presteer nasionaal

Leierskursus: Die leiers van 2019 het die afgelope week ‘n baie interessante en leersame leierskursus by die skool bygewoon. Verskeie formele- en pretaktiwiteite is aangebied waardeur die leiers bemagtig is om hul taak in die nuwe jaar te kan uitvoer. Baie dankie aan die personeel wat betrokke was, borge wat ingestaan het vir die kostes en ouers wat met die verversings gehelp het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button