Helpende Hand rol nuwe veldtog uit
Hannes Noëth, Uitvoerende Direkteur van Solidariteit Helpende Hand, sal die verhoog met Leandie deel, en klavier kunstenaar Rocco de Villiers sal gaste wat die geleentheid bywoon, met sy nuutste musiek konsert betower.

Die plaaslike tak van Solidaritiet Helpende Hand reël ‘n teenboelieveldtog in Newcastle op Februarie 28 en Maart 1.
Leandie Bräsler besoek skole in die dorp met haar teenboelie-aanbieding, waar sy direk met die leerders interaksie sal hê.
Daarbenewens reël Helpende Hand ‘n dinee op Vrydag (1 Maart) by Hoërskool Ferrum, waar Leandie as gasspreker sal optree, om ouers, onderwysers en ander belangstellendes oor die verskynsel en hantering van boeliegedrag in te lig.
Hannes Noëth, Uitvoerende Direkteur van Solidariteit Helpende Hand, sal die verhoog met Leandie deel, en klavier kunstenaar Rocco de Villiers sal gaste wat die geleentheid bywoon, met sy nuutste musiek konsert betower.
“Kry jou kaartjie nou om teleurstelling te voorkom,” sê Voorsitter van Helpende Hand se Newcastle-Tak, Peet Liebenberg.
Helpende Hand kon ook, danksy skenkings wat van die gemeenskap ontvang is, ‘n suksesvolle vakansie-voedingsprojek aanbied.
Die projek fokus op Afrikaanssprekende leerders wat afhanklik is van die etes wat hulle gedurende die kwartaal by skool-voedingskemas ontvang.
“Om gestalte te gee aan ons visie om die maatskaplike nood van hierdie kwesbare groep kinders te verlig, is kospakkies ter waarde van R 35 000 uitgedeel,” sê Liebenberg.
Gegewe die maatskaplike nood wat in skole manifesteer, het die plaaslike Helpende Hand-tak weer vanjaar skooltassies aan Graad 1 leerders geskenk.
Die skooltassieprojek vier sy 12de bestaansjaar, en is ’n nasionale projek wat landswyd alreeds meer as 32 000 Graad 1s se lewens vergemaklik het.
Die projek bring nie net verligting nie, maar bemagtig ’n kind met menswaardigheid en ’n sterker selfbeeld, en danksy die projek kan ’n behoeftige Graad 1 hand-in-hand met sy skoolmaats sy skoolloopbaan betree.
Helpende Hand bied ’n tassie van uitstaande gehalte aan met opvoedkundige inhoud wat die volgende insluit: uitdraaikryte, ‘n legkaart, inkleurpotlode, grys potlode, ‘n liniaal, ‘n skerpmaker, ‘n skêr, ‘n uitveër, gom, ennesakkie, ‘n witbord met penne en ’n Afrikaanse Bybel.
Kontak Liebenberg by 082 809 9517 as jy betrokke wil raak.
LEES OOK: Helpende Hand sê dankie
Contact us
WhatsApp: 082 874 5550
Email: Reveshni Douglas (Editor) at reveshni@caxton.co.za
Make sure you follow us for regular updates:



