NewsSchools

Graad R -Gradeplegtigheid is ‘n prestige geleentheid

Afriforum het LMS Vrydagmiddag verras en twee bome by die skool kom plant

Mev. Ilse Verster en haar bekwame span het Donderdagaand, 10 Oktober 2019, ‘n prestige gr.R-gradeplegtigheid aangebied. Die gr.R’e het baie hoë mikpunte vir hulle toekoms: veeartse, Springbok-rugbyspelers, base en polisiemanne. Ons land gaan eendag in bekwame hande wees.

Die mediaprefekte het Dinsdagaand, 8 Oktober 2019, die wonderlike geleentheid gehad om saam met Spur se ervare kelners te werk. Hierdie oulike leerders het met groot glimlagte almal daar oorreed om meer as gewoonlik te bestel en so ‘n geldjie vir die mediasentrum ingesamel. Die mediaprefekte is genooi om weer op 22 Oktober as skadukelners op te tree. Baie dankie aan Vryheid Spur. Die leerders het dit baie geniet.

Saterdag, 12 Oktober 2019, het Clarissa Scheepers en Christiaan Steenkamp aan ASA se KZN-atletiekbyeenkoms in Durban deelgeneem. Clarissa behaal ‘n vierde plek in o.11-hoogspring en ‘n vyfde plek in 100m. LMS is baie trots op hierdie twee atlete wat deur die seisoen so hard geoefen het om gekies te word om aan die KZN-byeenkoms deel te neem.

Afriforum het LMS Vrydagmiddag verras en twee bome by die skool kom plant. Dit was verseker ‘n hoogtepunt vir die leerders. Baie dankie, Afriforum!
Ons skoolkoor het die afgelope naweek aan Sing-in-harmonie deelgeneem en uitstekend gesing. Meer hieroor in volgende week se koerantberig.

Belangrike datums op die LMS-kalender:
1. Maandag, 14 Oktober 2019: Tenniswedstryde.
2. Woensdag, 16 Oktober 2019: Sport- en kultuurprysuitdeling.
3. Vrydag, 1 November 2019: MooPoo. Koop jou kaartjie betyds.


Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

                                             

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button