NewsSchools

Ichthus Graad 2-klas groei van saadjies tot plantjies

Die boontjies het eerste geblom en spoedig was almal se plante vol boontjiepeule.

Op November 1 was die Graad 2-klas baie opgewonde om uiteindelik hulle natuurprojek huis toe te kan neem.

Na meer as twee maande van water gee en plantjies dophou, vanaf ‘n saadjie wat ontkiem tot die vruggie uiteindelik sy verskyning maak, is dit ‘n blye dag.

Hulle onthou hoe hulle eers met ‘n hamer en spyker gate onder in ‘n blik moes kap. Daarna was dit goeie grond (van die plaas af) insit. Elkeen het ‘n boontjie, ‘n ertjie, ‘n lensie en kappertjiesaad geplant.

Die boontjies het eerste geblom en spoedig was almal se plante vol boontjiepeule.

Vandag is daar al ertjie-en kappertjieblomme ook. Hulle wag nou net vir die lensies om ‘n oes te lewer!

LEES OOK: Ichthus’ mini cricketers awarded


HAVE YOUR SAY:
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram or email us at dundee.courier@caxton.co.za.  Add us on WhatsApp 071 277 1394.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button