
Fillipense 4:13 lees: “Ek is tot alles instaat deur Jesus Christus wat my die krag gee.”
Lucas Meyer Primêre Skool se Graad 7e het hul laaste eksamenvak Vrydag (15 November) geskryf. Hierdie spesiale groep leerders het almal net hul beste gegee. LMS se beste wense vergesel elke Graad 7-leerder wat elkeen volgende jaar ‘n Graad 8-leerder by die hoërskool van hul keuse gaan wees. “Ons weet dat met God as jou rigtingwyser sal die keuses op jou pad makliker wees. Die waardes wat jy by LMS geleer het, sal beslis van jou die wenner maak wat God vir jou beplan het.”

ALSO READ: LMS leerling presteer nasionaal
Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates






