Local newsNews

Geloftedag 2019 – die begin van ‘n volgende hoofstuk

Ons was geseënd hier was tussen 1 500 en 2 000 mense vir Geloftedag

“Geloftedag 2019 – die begin van ‘n volgende hoofstuk”

 Geloftedag is een van die pilare van die Afrikanerkultuur, en ook as sulks een van die belangrikste inskrywings in die kulturele kalender.

Hierdie jaar sou die vuurdoop wees van Anton en Judean Jansen van Vuuren, die nuwe bestuurspaar by die Bloedrivier Erfenisterrein. Nie een van die Courier se jaarlikse feesverslaggewers kon die verrigtinge bywoon nie, maar Anton het self verslag gedoen.

Sy woorde: “Wat ‘n ervaring… Ek en Judean sou in ‘n 100 jaar nie gereed gewees het vir die fees. Die ervaring kan skaars in woord gedeel word, maar ek gaan probeer. Ons eerste kampeerders het reeds van 10 Desember begin opdaag. Die opkoms was maar stadig in die begin, maar van 13 Desember het ons kampplek gou vol begin word. Ons was al reeds ses uur die 16de in die restaurant en museum om gereed te maak vir die fees. 2018 was die 180-jarige herdenking en daar is verwag dat hierdie fees heelwat kleiner sou wees. Ons het so tussen 800 en 1 000 mense ver wag vir die dag. Ons was geseënd hier was tussen 1 500 en 2 000 mense vir Geloftedag. Die grootste ding wat ons as nuwe feesgangers opgeval het, is die respek waarmee die feesdag benader word. 16 Desember word so maklik as ‘n politieke dag gesien maar dit is glad nie wat ons hier ervaar het nie. Vir die mense gaan dit oor die Gelofte wat ons voorouers aan God gemaak het en die belofte, dat ons as nageslag, dit as ‘n dankdag en Sabbat sal herdenk, dit is wat elke feesganger hier kom doen het! Ons was verbly oor al die jongmense en kinders wat hier was, hulle is tog die volgende geslag wat die verantwoordelikheid om die Gelofte aan God elke jaar te hernu! Ons sien uit na 2020 se fees. Ons het baie geleer en baie plek vir verbeterings gesien!”

 

Die jaarlikse voorstellingsparade van die historiese vlae van die Voortrekkers soos elke jaar op Geloftedag.

 

Die jaarlikse voorstellingsparade van die historiese vlae.

Marthinus Duminy (regs) en Frik Moolman en sy twee seuns besig met die luidsprekers in die laer. 

Feesgangers geniet die voorstellingsparade tydens die fees.

ALSO: Voetsporespan toer die NKZN Slagveldroete

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button