Local newsNews

‘n Huldeblyk aan ‘n oud-inwoner

Tina is op 17 Januarie in Secunda onder tragiese omstandighede oorlede

Martina Naudé is op 27 Junie, 1936 in Vryheid gebore, waar sy op die plaas Wanbestuur sowat 40-kilometer uit op die Babanango-pad grootgeword het.
Haar laerskoolloopbaan is op ‘n plaasskool voltooi, vandaar het sy die res van haar skoolloopbaan aan Hoërskool Vryheid voltooi.
Na skool het Martina by die Handsentrale in Vryheid begin werk en later is sy met Jannie getroud.
Jannie was ‘n bekende boukontrakteur in Vryheid en het ook houtvloere gerestoureer.
Uit die huwelik van 63 jaar is daar twee seuns gebore, Ben en André. Haar man is twee jaar gelede oorlede, en Tina het by haar seun André en sy vrou, in Secunda gaan woon.
Tina was ‘n stil mens en het al haar aandag en liefde aan haar man en kinders gewy.
Sy het haar seuns altyd eerste gestel en met baie liefde grootgemaak.
Tina is op 17 Januarie in Secunda onder tragiese omstandighede oorlede.
Almal wat haar geken het, sal met oorgawe vertel van haar sagtheid en goedgunstigheid teenoor haar medemens.
Sy sal gemis word deur familie en vriende van baie jare.
Tina laat agter: Ben (seun), Amanda (skoondogter), Charmonix Janse van Rensburg (kleindogter), Rhandüm Kruger (kleinseun) en agterkleinkinders.

ALSO READ: Huldeblyk: Rus in vrede, ‘Ouma’ Joyce Venter

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button