NewsSchools

LMS-Gala is ‘n reuse sukses

Swem is 'n uitstekende sportsoort en meer leerders word aangemoedig om by swemklubs aan te sluit.

Op 24 Januarie is Lucas Meyer se jaarlikse gala vir die intermediêre fase gehou.
Die volgende trofeëwenners en rekords het van die dag ‘n wendag gemaak en die ouers en personeel is so trots op die swemmers.
Swem is ‘n uitstekende sportsoort en meer leerders word aangemoedig om by swemklubs aan te sluit.
Die Junior Victrix Ludorum was Leandri Grobler en die Junior Victor Ludorum was Marnus Pretorius.
Die Senior Victor Ludorum was Keagen Keightley.
Die Senior Victrix Ludorum was Ashley Loch, wat sommer drie rekords verbeter het: 50-meter vryslag vir dogters onder-13, 50m-vlinderslag vir dogters o-13 (albei hierdie rekords staan al vanaf 1994) en 50m-rugslag dogters o-13.
LMS is trots op al die wenners en selfs die swemmers wat tweede en derde gekom het.
“Julle het die pas vinniger gemaak sodat die eerste plekke soveel beter prestasies kon lewer.” Intussen werk almal hard by LMS en het die Graad Eens al goed ingeskakel.
“Ons glo God gaan ons seën met ‘n wonderlike 2020 met al die talente wat Hy vir elke onderwyser(es) en leerder by Lucas Meyer gegee het.”
Tennisproewe is op 22 Januarie gefinaliseer.
LMS, Michaelis en Lüneburg het spelers gestuur.
Ashley Loch, Anje Erasmus en Hugo Joubert is gekies vir die volgende rondte, wat op 4 Februarie in Newcastle sal plaasvind.

Spanmaats praat mekaar moed in voor die wegspring. Foto krediet: Chantell Els
Foto krediet: Chantell Els.

ALSO READ: Jong redenaar is die trots van Lucas Meyer

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button