NewsSchools

Rekords spat by Pionier se gala

Die swemmers het hulself goed van hul taak gekwyt en lewer puik uitslae.

Interhuis-gala:
Op 28 Januarie was dit Pionier se Interhuis-gala.
Alhoewel die son agter die wolke weggekruip het, het dit nie die Pioniers gekeer om te swem nie.
Die dag was ‘n groot sukses en leerlinge het in massas deelgeneem.
Baie geluk aan Berné van Heerden wat die 50-meter Rugslagrekord verbeter en ook as Senior Victrix Ludorum aangewys is, Dirk Grobler word as die Senior Victor Ludorum aangewys en hy verbeter die 50m Borsslagrekord.
Zoé Richards verbeter die 50m Borsslagrekord in haar ouderdomsgroep verbeter en stap ook weg as die Junior Victrix Ludorum.
Pierre Grobler word op die dag as die Junior Victor Ludorum aangewys.
“Ons is voorwaar trots op julle. Baie geluk aan die ander swemmers wat ook trofeë ontvang het.”
Ferrum-uitnodigingsgala:
Pionier het aan ‘n uitnodigingsgala te Ferrum, Newcastle wat op 31 Januarie plaasgevind het, gaan deelneem.
Ons het ‘n groepie van 21 swemmers gehad.
Die swemmers het hulself goed van hul taak gekwyt en lewer puik uitslae.
Hulle bring nege goue-, 14 silwer- en 10 brons medaljes huis toe.
“Ons is baie trots op julle, welgedaan!”
Personeel:
Graag wens Pionier vir mnr. Cassie Smith geluk met sy bevordering as Departementshoof in die Sosiale Wetenskappedepartement.
Die skool verwelkom ook me. Sonja Kohlmeyer wat by die Pionier-familie se Wetenskap- en Wiskundedepartement as Departementshoof aangesluit het.
“Ons glo en vertrou dat u hier baie gelukkig sal wees.”

ALSO READ: Pioniers is aan die brand

Nuwe Departementshoofde, mnr. Cassie Smit en me. Sonja Kohlmeyer.

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button