AdvertorialNews

Wees slim en spaar met ‘n uittree-annuïteit

Wanneer jy in 'n UA belê, kan jy 'n belastingkorting geniet wat jy as 'n terugbetaling kan eis

Uitgereik deur Sanlam
Met die einde van die 2019/2020-belastingjaar in sig, is dit nou die tyd om jou spaargeld ‘n hupstoot te gee deur voor 28 Februarie in ‘n uittree-annuïteit (UA) te belê.
Belegging in ‘n UA help nie net om jou belasbare inkomste te verminder nie, maar verseker ook dat jy die belastingvoordele benut wat nie na die volgende jaar oorgedra kan word nie. Dit is belangrik dat individue weet hoe hulle voordeel kan trek uit belastingwetgewing wat daarop gemik is om spaar aan te moedig.
Wanneer jy in ‘n UA belê, kan jy ‘n belastingkorting geniet wat jy as ‘n terugbetaling kan eis. Jy moet verkieslik die terugbetaling herbelê om jou aftreevoorsiening te verhoog. ‘n Bydrae tot ‘n UA, pensioen- of voorsorgfonds laat jou toe om ‘n jaarlikse bedrag van tot 27,5 persent van jou belasbare vergoeding of jou inkomste, watter ook al die grootste is, te belê.
Hierdie voordeel is egter belastingaftrekbaar tot ‘n maksimum van R350 000 jaarliks. Die beleggingsopbrengs op jou UA-bydraes is vry van dividendbelasting, inkomstebelasting op rente en kapitaalwinsbelasting. As jy nie die jaarlikse bydraeperk bereik het nie, het jy nog kans om jou bydraes voor die einde van Februarie te verhoog.
Wanneer jy tot ‘n UA bydra, stel jy van jou belasbare inkomste uit tot die tydperk ná aftrede, wanneer jou inkomstebelastingkoers waarskynlik laer sal wees. Kontak Premier BlouSter Finansiële Adviesdienste vir professionele advies.
Sanlam is ‘n Gelisensieerde Finansiëlediensteverskaffer.

ALSO READ: Sanlam advisors go above and beyond

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button