Editor's choiceLocal newsNews

Rooivleisprodusente in hierdie onstuimige tye

"Mense het op grootmaat vleis begin koop, wat veroorsaak het dat winkels en slaghuise nie kon voorbly nie. Tuisvoorbereiding het die nuwe normaal geword."

Koos van der Ryst, voorsitter van die Rooivleisprodusente-vereniging (RPO) het aan die media gemeld dat die uitbraak van die COVID 19 – pandemie, met die gepaardgaande noodmaatreëls, groot onsekerheid en erge ontwrigting veroorsaak het.

Mense het op grootmaat vleis begin koop, wat veroorsaak het dat winkels en slaghuise nie kon voorbly nie. Tuisvoorbereiding het die nuwe normaal geword.

Die verkope van die produk het egter verlede week skielik tot stilstand gekom, soos wat abattoirs sukkel om van vleis ontslae te raak. Pryse het begin daal, en die geleentheid geskep om ‘n goedkoper produk te bekom.

Die informele mark vir afval het ook tot stilstand gekom. Die mark is egter weer stadig aan die oopmaak, en die produk word weer verhandel. Onsekerheid by verbruikers oor salarisse aan die einde van April skep ook onsekerheid in die mark. Baie verbruikers het in hierdie onseker tye geen inkomste nie, en weet ook nie of hulle gaan salaris kry aan die einde van April nie. Die hele waardeketting is dus onseker oor wat in die mark gaan gebeur.

Verbruikerspatrone het oor die korttermyn verander, en niemand weet hoe dit na die inperking gaan lyk nie. Onsekerheid bestaan ook oor die volhoubaarheid van uitvoermarkte, en die kapasiteit van hawens om uitvoermarkte te akkommodeer. Die huide en vellepryse is ook onder ernstige druk.

Wat doen die RPO…?

Aangesien rooivleis in ‘n ope mark verhandel, en markfaktore soos vraag en aanbod ‘n kardinale rol speel in prysvorming, is dit uiters moeilik om ‘n tendens te voorspel. In die lig van die onsekerhede is ek van mening dat produsente hulself moet voorberei vir ‘n drastiese, tog tydelike verlaging van die prys van ons produk.

Ons is voortdurend in kontak en neem aktief deel aan die minister se advieskomitee, en neem ook deel aan gesprekke met georganiseerde landbou en opinievormers in die ekonomie. Die rooivleiswaardeketting is as ‘n noodsaaklike diens geklassifiseer, en die RPO doen moeite om te verseker dat alles so na as moontlik aan normaal funksioneer.

Dit sluit die hou van veeveilings in. Ons beleid is om geen werksaamhede op te hoop nie, en met projekte voort te gaan. Dit sluit onder andere in om die uitvoere aan die gang te hou, die bek-en-klouseerprobleem te bestuur, en die beginsels van naspeurbaarheid te finaliseer.

In al ons nuusvrystellings en mediaskakeling kommunikeer ons voortdurend die gesondheidswaarde van ons produk, en bring die voordele daarvan onder die verbruiker se aandag.

See this week’s Courier for the whole interview!

Related story:

Environment of growth is the key to farming

 


 

HAVE YOUR SAY:
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram or email us at dundee.courier@caxton.co.za.  Add us on WhatsApp 071 277 1394

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Terry Worley

Terry Worley has been associated with the Courier for many years and is involved in the community covering a variety of issues affecting residents. He has a passion for local politics and for the history of the area.

Related Articles

Back to top button