Local newsNews

Ouma Annatjie word verras tydens haar 95ste verjaarsdag

Dirk Marais van Pick 'n Pay het haar Vrydagmiddag (17 Julie) verras en bederf met allerlei heerlike snuisterye; koek, melktert en ander happies

In verlede week se uitgawe het die Herald berig dat Anna Beneke Lewitt (Ouma Annatjie) 95 jaar oud geword het. Ongelukkig kon sy nie besoekers ontvang weens die inperking nie, maar sy is nietemin bederf deur ‘n baie spesiale aflewering. Dirk Marais van Pick ‘n Pay het haar Vrydagmiddag (17 Julie) verras en bederf met allerlei heerlike snuisterye; koek, melktert en ander happies. Ouma Annatjie is verseker nie afgeskeep tydens hierdie spesiale dag nie. Die familie wil vir Dirk bedank vir al sy moeite met die aflewering van die lekkernye.

ALSO READ: Ouma Annatjie vier haar 95ste verjaarsdag tydens die inperking

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button