Local newsNews

Vryheid KZN: Maskers het ‘n negatiewe invloed op doofgestremde man

Tydens die onderhoud met die Herald moes die joernalis ook haar masker verwyder sodat André kon sien wat sy vra

Die huidige pandemie waarin ons onsself tans bevind het heelwat daaglikse uitdagings. Die dra van ‘n masker het verpligtend geword en mense het dit vinnig gewoond geraak. Dit het min tot geen direkte invloed op mense se lewens. Maar ongelukkig is dit nie die geval vir die 72-jarige André Durant nie. André is doofgestrem sedert die ouderdom van vyf jaar nadat hy ‘n oorinfeksie ontwikkel het en ‘n operasie moes ondergaan. Die aanpassing en uitdagings vir hom en sy ouers was groot. Die familie was daardie tyd in die Kaap woonagtig en André kon die De la Batskool vir Dowes in Worcester bywoon. Alhoewel André vingertaal kan praat en verstaan, het hy daarop aangedring om te praat en lippe te lees. Hy wou die normaliteit van kommunikasie probeer behou. Dit is juis hierdie vernuf van hom wat tans gekniehalter word deur die dra van maskers. Tydens die onderhoud met die Herald moes die joernalis ook haar masker verwyder sodat André kon sien wat sy vra. Hy sê dat meeste mense nie hul maskers wil verwyder sodat hy hul lippe kan lees nie. “Die mense verstaan nie wanneer ek vir hulle sê dat hulle net die masker moet aftrek sodat ek hulle lippe kan lees, want ek is doof,” verduidelik hy. Die huidige situasie maak dit vir hom bykans onmoontlik om alleen winkel toe te gaan indien hy vir iets moet vra. André is baie onafhanklik en is steeds aktief in die konstruksiebedryf. Hy reken dat hy moet besig bly want dit hou hom jonk en sy brein wakker. André weier egter dat die onvermoë om soos voorheen te kommunikeer hom onderkry. Hy en sy vrou, Alet, maak die beste van die situasie onder die huidige omstandighede.

ALSO READ: Business donates masks to school to fight virus

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button