NEWCASTLE KZN: Hoërskool Volksrust verwelkom Graad 8 klas van 2021
Skoolhoof, mnr. Ferreira geopen met skriflesing en gebed en die graad 8's verwelkom.
Op Februarie 15 was dit die UK van 2021 se beurt en voorreg om saam met die graad 8’s vanaf Pionier laerskool die pad na Hoërskool Volksrust se geel hekke aan te pak waar ʼn nuwe hoofstuk in hulle lewens voorlê.
As ʼn tradisie het hulle al die pad kinderliedjies gesing om afskeid te neem van die laerskoolklere wat te klein raak en voor te berei vir die groot hoërskool baadjie waar in hulle nog moet ingroei.
Gearriveer by die skool moes die nuwe babas van Hoërskool Volksrust eers geskandeer word as gevolg van Covid-19.
Die skoolvlag en landsvlag is ‘n rukkie later gehys deur ons hoofseun, Jason MacDonald, en ons onderhoofseun, Pieter-Francois Martins.
Daarna in die saal het die skoolhoof, mnr. Ferreira geopen met skriflesing en gebed en die graad 8’s verwelkom.
Juffrou Joubert het as die graad 8 voog die graad 8’s ingelig oor die jaar wat voorlê en wat van hulle verwag gaan word.
Die hoofleiers, Jason MacDonald en Zoë Müller, het hulle eerste toesprake vir die jaar gelewer aan die graad 8’s en hulle die beste wense vir hulle hoërskoolloopbaan toegewens.
Artikel en fotos verskaf deur Hoërskool Volksrust.
Contact us
WhatsApp: 082 874 5550
Email: Reveshni Douglas (Editor) at reveshni@caxton.co.za
Make sure you follow us for regular updates:








