Local newsNewcastle AdvertiserNews

Marinda Smit aangestel as Volkies onderhoof

Me. Smit het in 1990 matrikuleer aan Hoërskool Volksrust, waartydens sy ‘n inwoner was van Tienerhof.

Marinda Smit aangestel as Volkies onderhoof –

Dit is met groot trots en baie opgewondenheid wat Hoërskool Volksrust vir Marina Smit aankondig as die nuwe onderhoof.

Sy is ʼn ou en geliefde bekende in ons dorp, maar Volkies het dit goedgedink om tog ʼn paar interessante feite oor haar uit die mou te laat,” sê die skool se Marietjie Steyn.

Me. Smit het in 1990 matrikuleer aan Hoërskool Volksrust, waartydens sy ‘n inwoner was van Tienerhof vir haar hele hoërskoolloopbaan. Sy was ‘n koshuisleier en ‘n lid van die prefekteraad, het akademiese erekleure behaal en was deel van die eerste en  tweede hokkiespanne.

Daarna het sy haar vlerke Tukkies toe gesprei en het haar Baccalaureus in Radiografie in 1993 (cum laude) aan die Universiteit van Pretoria verwerf.

Hier is sy aangewys as die beste student in haar eerste, tweede en derde jaar. Sy ontvang ook akademiese erekleure van die universiteit aan die einde van haar finale jaar.”

Natuurlik onthou Volkies die dae toe me. Smit die ‘go-to-girl’ was vir X-strale, maar haar onderwysloopbaan het in 2002 as musiekonderwyser by Laerskool Pionier begin.

Hier het sy onderrig in ses musiekinstrumente (klavier, klawerbord, trompet, viool, kitaar en blokfluit) gegee tot en met 2008, waarna sy in die formele onderwysprogram in die rekenaarsentrum opgeneem was en verder begin studeer het.

Sy het ‘n Nagraadse Onderwysdiploma in 2011 (cum laude) deur UNISA verwerf en het ‘n pos by Hoërskool Volksrust as natuurwetenskappe en wiskunde onderwyser aanvaar.

Hier is waar die dinge toe regtig begin gebeur! Sy bied sedert 2014 fisiese wetenskappe vir Graad 12 aan en ontdek haar passie in die onderwys.”

In hierdie tyd het sy ook ‘n Honneursgraad in Onderwysbestuur en Leierskap in 2020 (cum laude) deur die Noordwes Universiteit verwerf en het die voorreg om ‘n NWU meestersgraad en -prestasiebeurs te ontvang. Sy is pas klaar met haar meestersgraad in Onderwysbestuur en Leierskap deur die Noordwes Universiteit en behaal hierdie graad ook cum laude.

Volkies is ongelooflik geseënd om hierdie vrou in ons top-bestuur te kan hê en ons sien uit na al die mooi dinge wat vir ons voorlê.”


The news provided to you in this link has been investigated and compiled by the editorial staff of the Newcastle Advertiser, a sold newspaper distributed in the Newcastle area. Please follow us on Youtube and feel free to like, comment, and subscribe. For more local news, visit our webpage, follow us on Facebook and Twitter, and request an add on our WhatsApp (082 874 5550).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button