Hoërskool Volksrust vier 100% matriek slaagsyfer en uitblinkers in 2024
Hoërskool Volksrust spog met trots oor die uitmuntende prestasie van ons matrieks van 2024, met 'n fenomenale 100% slaagsyfer!

Die harde werk van ons leerlinge, ondersteun deur toegewyde onderwysers, het vrugte afgewerp en sorg vir ‘n besonderse afsluiting van ‘n uitdagende, maar suksesvolle akademiese jaar.
Ons toppresteerders vanjaar het met hul uitsonderlike resultate geskitter. Die volgende leerders het die hoogste akademiese posisies behaal:
- Francois de Jager [5 A’s], met onderskeidings in Afrikaans (83), Engels (86), Lewensoriëntering (94), Rekenaartoepassingstegnologie (95) en Lewenswetenskappe (91) en ʼn gemiddeld van 86.14%.
- Anoushke Houy [6 A’s], met onderskeidings in Afrikaans (86), Engels (86), Wiskunde (81), Lewensoriëntering (89), Rekeningkunde (86)en Rekenaartoepassingstegnologie (90). Haar gemiddeld is 85.14%.
- Zimkhona Thwala [4 A’s], with distinctions in English (80), Afrikaans (84), Life Orientation (92), Computer Application Technology (88) and an average of 81.86%.
- Ewald Moll [4 A’s], met onderskeidings in Engels (82), Lewensoriëntering (87), Landboutegnologie (83) en Lewenswetenskappe (87). Sy gemiddeld is 80.57%.
- Dawid Groenewald [4 A’s], met onderskeidings in Lewensoriëntering (86), Landboutegnologie (81), Rekenaartoepassingstegnologie (90) en Inligtingstegnologie (81), met ʼn gemiddeld van 80%.
Die res van die Top 10 is:
- Tlotlego Matlou
- Danica Venter
- Phembubuhle Msimango
- Divan Ellis
- Mpilenhle Hlatshwayo
Hierdie leerders se toewyding en vasberadenheid word hoog aangeskryf. Hulle stel ’n voorbeeld vir toekomstige matrikulante van Hoërskool Volksrust.
A total of 37 distinctions were achieved by our 94 matriculants, showcasing their dedication and hard work throughout the year.
These outstanding results reflect the perseverance of the learners, the support of their families and the unwavering commitment of our educators.
Top Vakke – Prestasies en Onderwysers:
Verskeie vakke het uitgestaan met uitsonderlike resultate, deels danksy die onvermoeide toewyding van ons personeel.
Die volgende vakke en onderwysers verdien spesiale erkenning:
- Inligtingstegnologie: Met ‘n gemiddeld van 67%, onder leiding van Mnr. Walter Egel.
- English First Additional Language: With an average of 64.86%, under the guidance of Ms Marika Rossouw.
- Lewensoriëntering: Met ʼn gemiddeld van 64.11%, onder leiding van Mnr. Martin le Roux.
Ons matrieks het ongelooflike prestasies behaal in verskeie vakke met ‘n totaal van 19 onderskeidings wat in drie spesifieke vakke uitstaan.
Lewensoriëntering het die hoogste aantal onderskeidings opgelewer met 9, onder leiding van me. Lucille Heyns, Ms Senzy Khumalo, me. Yolandi Schoeman en mnr. Jako Stevens.
English First Additional Language het 5 onderskeidings opgelewer onder die bekwame leiding van me. Marika Rossouw, terwyl Rekenaartoepassingstegnologie ook 5 onderskeidings gehad het onder leiding van me. Marietjie Steyn.
Hierdie prestasies getuig van die toewyding van beide die leerders en hul onderwysers.
Waarde van spanwerk:
Die skoolhoof, me. Marinda Smit, het spesiale lof uitgespreek vir die samewerking tussen onderwysers, ouers en leerders.
“Hierdie resultate weerspieël die vrugte van spanpoging en onwrikbare toewyding. Ons is ongelooflik trots op ons matrieks van 2024!”
Die skool beplan om voort te bou op hierdie sukses deur steeds fokus te plaas op akademiese uitnemendheid en holistiese leerontwikkeling.
Met sulke uitsonderlike talent en ondersteuning, is Hoërskool Volksrust gereed vir nog ‘n suksesvolle akademiese jaar in 2025.
The news provided to you in this link has been investigated and compiled by the editorial staff of the Newcastle Advertiser, a sold newspaper distributed in the Newcastle area. Please follow us on Youtube and feel free to like, comment, and subscribe. For more local news, visit our webpage, follow us on Facebook and Twitter, and request an add on our WhatsApp (082 874 5550).