Local newsVryheid Herald

Jeanine ontvang gesogte toekenning as ‘Mode met Sarie’-wenner

Jeanine het met ‘n baie breë glimlag vanaf Kaapstad teruggekeer waar sy op 29 Februarie as wenner in haar kategorie aangewys is

Jeanine Theron is aan die begin van Februarie aangewys as ‘n finalis in Netwerk24 se Smaakmaker-kompetisie. Lesers van die aanlyn-mediahuis moes kandidate vir die verskillende kategorieë nomineer. Jeanine se fyn oog vir mode het haar as ‘n finalis in die ‘Mode met Sarie’-kategorie laat pronk. Nadat die finaliste bekend gemaak is, kon lesers vir hul gunstelinge gaan stem waarna daar ‘n swierige funksie in Kaapstad sou wees om die wenners aan te kondig.

Jeanine het met ‘n baie breë glimlag vanaf Kaapstad teruggekeer waar sy op 29 Februarie as wenner in haar kategorie aangewys is. “Dit was ‘n baie groot en lekker verrassing en dit was ‘n verskriklike lekker aand. Hulle het soveel moeite gedoen en ons is so bederf,” vertel ‘n stomgeslaande Jeanine. Alhoewel Jeanine verbaas is oor haar toekenning het haar Instagram (@transformed_by_jeanine) opgeblaas met gelukwensings.

‘n Nederige Jeanine vertel dat hierdie nominasie en toekenning vir haar nie regtig oor mode gaan nie, maar oor die dames wie sy al kon help en steeds in die toekoms sal kan help. Jeanine moes ‘n lang en moeilike pad stap om haarself te vind terwyl sy besig was met haar Voorkomskonsultant- kursus in 2019. Haar woorde van ‘jy moet jou fokus verskuif van ander mense, jy moet besef wat jy wil doen en wat is die boodskap wat jy vir ander mense wil oordra. So sal jy die regte mense trek om na jou te luister en te help. Ons het elkeen ‘n storie om te vertel en ons elkeen kan ‘n verskil maak, ons moet nooit voel ons moet soos iemand anders wees nie, ‘ het vrouens se lewe van regoor die wêreld aangeraak. Jeanine se kliëntebasis groei daagliks en strek tans so ver as Indië.

Baie geluk, Jeanine! Vryheid verwelkom uiteindelik ‘n bekende en gekroonde ‘influencer’ op eie bodem.

ALSO READ: Vryheid spog met nasionaal-genomineerde ‘Smaakmaker van die jaar’

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

Related Articles

 
Back to top button